Leeg    
 

Kategorie
Inligting alfabeties - kyk ook na die boonste keuselys
Kenweb Oplossings » Gr 1 » Alle Gr 1 geskandeerde handboeke » Gr 1 Oorkoepelende elektroniese vakgids vir alle vakke

Gr 1 Oorkoepelende elektroniese vakgids vir alle vakke
Gr 1 Oorkoepelende elektroniese vakgids vir alle vakke 
Hierdie is 'n elektroniese vakgids. U sal 'n skakel (link) ontvang waarmee u dit van die internet kan aflaai. Onder "Besonderhede" kan u sien hoe lank dit sal neem om af te laai.

Vakgids vir Bybel, Afrikaans, Lewensvaardighede, Klanke aanleer en spelling, Engels, Skrif, Kuns, Liggaamsopvoeding, Musiekopvoeding en Wiskunde.

Titel: Graad 1 Graadhandleiding vir alle vakke.
Skrywer: E van den Berg.
Aantal hoofstukke: 5.
Aantal bladsye: 181.

Vir elke leerarea word 'n volledige dag tot dag plan gegee van wat gedoen kan word. Agtergrond oor die belangrikheid, nut en implementering van elke aspek word ook bespreek sodat met insig gewerk kan word.

Vir die eerste 10 weke van die jaar is daar 'n volledig uitgewerkte Perseptuele Ontwikkelingsprogram wat die kind voorberei vir die meer formele lees, skryf en wiskunde-aktiwiteite wat daarop volg. Hierdie program kan ook gebruik word vir graad 0, maar dan teen 'n baie stadiger tempo as 10 weke. Die hoofonderwerpe in die Perseptuele Ontwikkelingsprogam is Bybel, voorbereidende wiskunde, liggaamsopvoeding, voorbereidende lees en aanleer van klanke, voorbereidende skrif, sang en musiek, Engels, kuns- konstruksie- en handvaardighede, lewensvaardighede en Afrikaans.

Die begeleier hoef op geen stadium onseker te wees van wat om te doen en hoe om dit te doen nie. Elke stap word volledig beskryf en met sketse aangevul waar nodig. Volledige riglyne vir assessering word ook gegee sodat u seker kan wees u kind werk op die verlangde vlak. En tog behou u self volkome beheer oor wat u kind leer.

Besonderhede
 
Download Size 3.25MB
Download Time Less than 1 minute @ 1.8mbs [Change Connection Speed]
Produkkode 01VAKGIDS
Prys: R220.00

Keuses
 
Aantal 1 (hierdie produk kan van die internet afgelaai word)

Sit in trollie
        
Sit op wenslys


Epos hierdie bladsy
U eie naam: *
U eie eposadres: *
Ontvanger eposadres: *

Epos hierdie bladsy
Groter foto



Myne
Aanmeld
Betaalmiddels

VISA en MASTER kaart
Klik hier vir meer inligting

PAYPAL
Betaal met PAYPAL. Klik hier vir meer inligting

(Volledige besonderhede in die Gids punt 2 op die voordeur)



Sertifikate

Gebruikers aanlyn:  114 ongeregistreerde kliente, 1 geregistreerde kliente
Kopiereg © 1997-2024 Kenweb Oplossings