Hierdie is 'n geskandeerde handboek wat nie meer deur die uitgewers versprei word nie. U sal 'n skakel (link) ontvang waarmee u dit van die internet kan aflaai. Dit word verskaf teen 'n internetdienskoste. Onder "Besonderhede" kan u sien hoe lank dit sal neem om af te laai.
Hierdie handboek is nodig vir Gr 3 Engels.
Titel: Focus on English 1 Second Language.
Skrywers: JJ v L Sadie, EE Buys, JG Goodacre, F Smith.
Aantal hoofstukke: 13.
Aantal bladsye: 124.
Die handboek is ingestel op kinders wat nog nie self Engels kan lees nie en maak daarom baie gebruik van sketse en 'n begeleier wat nou met die kind saamwerk. Die beste is om die werk eers stukkie vir stukkie met die kind mondeling deur te gaan sodat hy dit verstaan en ken voordat die oefeninge wat op die rekenaar is gebruik word vir inoefening en vaslegging. Hierdie is die enigste rekenaarprogram waar daar van Afrikaans in 'n Engelse program gebruik gemaak word om nuwe woorde en hulle spelling aan te leer.
Hierdie produk is ontwikkel vir Suid-Afrika se vorige, inhoudryke leerplanne. Vir voldoening aan uitkomsgebaseerde leerplanne (bv K2005) mag weglating, aanpassing of aanvulling nodig wees. |