Hierdie is 'n elektroniese vakgids. U sal 'n skakel (link) ontvang waarmee u dit van die internet kan aflaai. Onder "Besonderhede" kan u sien hoe lank dit sal neem om af te laai.
Hierdie vakgids is nodig vir Gr 2. Die vakgids dek 10 areas: Bybel, Afrikaans, Lewensvaardighede, Spelling, Engels, Skrif, Kuns, Liggaamsopvoeding, Musiekopvoeding en Wiskunde.
Titel: Graad 2 Graadhandleiding vir alle vakke.
Skrywer: E van den Berg.
Aantal hoofstukke: 6.
Aantal bladsye: 113.
Vir elke leerarea word 'n volledige dag tot dag plan gegee van wat gedoen kan word. Agtergrond oor die belangrikheid, nut en implementering van elke aspek word ook bespreek sodat met insig gewerk kan word.
Die begeleier hoef op geen stadium onseker te wees van wat om te doen en hoe om dit te doen nie. Elke stap word volledig beskryf en met sketse aangevul waar nodig. Volledige riglyne vir assessering word ook gegee sodat u seker kan wees u kind werk op die verlangde vlak. En tog behou u self volkome beheer oor wat u kind leer. |