Hierdie is 'n geskandeerde handboek wat nie meer deur die uitgewers versprei word nie. U sal 'n skakel (link) ontvang waarmee u dit van die internet kan aflaai. Dit word verskaf teen 'n internetdienskoste. Onder "Besonderhede" kan u sien hoe lank dit sal neem om af te laai.
Hierdie handboek is nodig vir die vak Afrikaans Gr 8.
Titel: Afrikaans in Aksie Moedertaal Standerd 6 Skrywers: JCPMeij, A Coetser, M L Jordaan en E J Pienaar. Aantal hoofstukke: 14. Aantal bladsye: 163.
Opgesomde inhoud: Die boek bestaan uit 14 leesreekse waarin 'n tema elke keer gebruik word om leesoefeninge, taalwerk, mondelinge en skriftelike stelwerk, poësie en prosa aan die orde te stel. Verduidelikings word tussendeur gegee.
Hierdie produk is ontwikkel vir Suid-Afrika se vorige, inhoudryke leerplanne. Vir voldoening aan uitkomsgebaseerde leerplanne (bv K2005) mag weglating, aanpassing of aanvulling nodig wees. |