Hierdie is 'n geskandeerde handboek wat nie meer deur die uitgewers versprei word nie. U sal 'n skakel (link) ontvang waarmee u dit van die internet kan aflaai. Dit word verskaf teen 'n internetdienskoste. Onder "Besonderhede" kan u sien hoe lank dit sal neem om af te laai.
Hierdie handboek is nodig vir die vak Aardrykskunde Gr 8.
Titel: Junior Aardrykskunde 6 Hersiene uitgawe met bylae vir interimsillabus Skrywers: C J Swanevelder en J C Kotzé. Aantal hoofstukke: 5. Aantal bladsye: 244.
Opgesomde inhoud: Aardrykskundige tegnieke en kaartwerk. Planetêre aardrykskunde. Klimatologie. Suider-Afrika. Streeksaardrykskunde: Die RSA/Namibië.
Hierdie produk is ontwikkel vir Suid-Afrika se vorige, inhoudryke leerplanne. Vir voldoening aan uitkomsgebaseerde leerplanne (bv K2005) mag weglating, aanpassing of aanvulling nodig wees. |