Hierdie pakket is ideaal vir ouers en onderwysers wat hulle kinders wil help om selfgedrewe te raak. U kan met die pakket uitvind hoekom daar selfs internasionaal gepraat word oor die besondere prestasies van kinders wat die Kenwebstelsel reg gebruik.
Die pakket sluit die volgende in: 'n "Selfgedrewe-onderwys" elektroniese handleiding met 65 A4-bladsye, geskryf deur Andre van den Berg; 'n rekenaarprogram waarmee die begeleier sy vordering toets plus 'n studiegids wat die werkwyse verduidelik. Dit sluit 'n doelwitvel in wat die werk opdeel in 6 weke. Hierby is kontroles vir hoofstukraamwerke, gedoende rekenaarvrae, praktiese aspekte (waar van toepassing), ken hoofstukke en rekenaar hoofstuktoetse ingebou.
Die elektroniese handleiding behandel aspekte soos: Die agtergrond waarteen ons vandag onderwys gee. Hoe selfgedrewe-onderwys verloop. Hoe selfgedrewe-onderwys terugvoer gee. Die onderbou wat selfgedrewe-onderwys nodig het. Die pakket lei die begeleier op met dieselfde metodes en hulpmiddels wat die Kenwebkind gebruik. Daarom het u, wanneer u die kursus voltooi het, nie net kennis van hoe die Selfgedrewe stelsel werk nie. U het ook praktiese ervaring van die metode sodat u u kind beter kan verstaan en beter kan help.
Die kursus is bedoel vir ouers en onderwysers. DIE KURSUS IS 'N MOET VIR BEGELEIERS WAT DIE KENWEBSTELSEL VOLLEDIG WIL BENUT. |