Wiskunde-vaardighede rekenaarprogram en elektroniese vakgids. 'n Rekenaarprogram waarmee kinders maklik hulle tafels en wiskundekombinasies kan leer en gereeld hersien.
Dit begin baie eenvoudig met optelling en aftrekking van 2, 3, 4 tot by 20. Daar is ook die omsetting van breuke na persentasies. Dan ook ander algemene wiskundige omsettings wat gebruik word in meting van lengte en inhoud. Die tafelprogram sluit die 2 tot 12 maal tafels in.
Op die doelwitvelle word die verskillende ouderdomsgroepe vir wie die verskillende dele van die programme noodsaaklik is, aangedui.
Die programme is dus nuttig van graad 1 tot selfs in die hoërskool waar dit hersiening van die basiese beginsels vir algebra en meetkunde vergemaklik. |