Hierdie is 'n geskandeerde letterkunde boek wat nie meer deur die uitgewers versprei word nie. U sal 'n skakel (link) ontvang waarmee u dit van die internet kan aflaai. Dit word verskaf teen 'n internetdienskoste. Onder "Besonderhede" kan u sien hoe lank dit sal neem om af te laai.
Hierdie boek is nodig vir die letterkunde afdeling van Engels Gr 7.
Titel: Puppy Love: Puppy patrol 16 Grade 7. Skrywer: J Dale. Aantal hoofstukke: 10. Aantal bladsye: 124. 'n Baie interessante storie oor jongmense en hulle gesin se honde-besigheid waaroor vrae in die eksamenvraestelle gestel word.
Hierdie produk is ontwikkel vir Suid-Afrika se vorige, inhoudryke leerplanne. Vir voldoening aan uitkomsgebaseerde leerplanne (bv K2005) mag weglating, aanpassing of aanvulling nodig wees. |