Hierdie is 'n geskandeerde handboek wat nie meer deur die uitgewers versprei word nie. U sal 'n skakel (link) ontvang waarmee u dit van die internet kan aflaai. Dit word verskaf teen 'n internetdienskoste. Onder "Besonderhede" kan u sien hoe lank dit sal neem om af te laai.
Hierdie handboek is nodig vir Wiskunde Gr 6.
Titel: Moderne Basiese Wiskunde Standerd 4. Skrywers: Naudé en Van der Westhuizen. Aantal hoofstukke: 8. Aantal bladsye: 184.
Opgesomde inhoud: Sakrekenaarvaardigheid. Probleemoplossing. Meting. Getalbegrip en rekenvaardigheid. Gewone breuke. Desimale breuke. Meetkunde. Hantering van inligting.
Hierdie produk is ontwikkel vir Suid-Afrika se vorige, inhoudryke leerplanne. Vir voldoening aan uitkomsgebaseerde leerplanne (bv K2005) mag weglating, aanpassing of aanvulling nodig wees. |