Hierdie is 'n geskandeerde handboek wat nie meer deur die uitgewers versprei word nie. U sal 'n skakel (link) ontvang waarmee u dit van die internet kan aflaai. Dit word verskaf teen 'n internetdienskoste. Onder "Besonderhede" kan u sien hoe lank dit sal neem om af te laai.
Hierdie handboek is nodig vir die vak Aardrykskunde Gr 5.
Titel: Primêre Aardrykskunde 3 Hersiene uitgawe met bylae vir interimsillabus. Skrywers: F L Knoetze, L P Preuss, M Beyers en T J Esterhuyzen. Aantal hoofstukke: 15. Aantal bladsye: 151.
Opgesomde inhoud: Nuusaardrykskunde. Waarnemings. Ons groot, ronde aarde. Ons vlaktes, berge en riviere. Die klimaat van Suid-Afrika. Ons natuurlike plantegroei. Water: 'n belangrik hulpbron. Veeboerdery in Suid-Afrika. Akkerbou in Suid-Afrika. Bosbou. Mynbou. Vissery. Ons fabrieke. Vervoer. Bevolking van Suid-Afrika.
Hierdie produk is ontwikkel vir Suid-Afrika se vorige, inhoudryke leerplanne. Vir voldoening aan uitkomsgebaseerde leerplanne (bv K2005) mag weglating, aanpassing of aanvulling nodig wees. |