Leeg    
 

Kategorie
Inligting alfabeties - kyk ook na die boonste keuselys
Kenweb Oplossings » Aflaai en Pdf-hulp

Aflaai en Pdf-hulp


Belangrik: 99% van alle aflaaiprobleme is te wyte aan stadige internetkoppelings.

Agtergrond

Daar word daagliks baie items van ons webwinkel afgelaai sonder probleme maar u mag een van dié wees wat probleme ervaar. Daarmee kan hierdie bladsy u help.

Die webwinkel se aflaaifunksie en lêers is dubbel en dwars getoets, maar u kan probleme ervaar omdat lêers in die aflaaiproses onsigbaar beskadig raak agv van die intenetkoppeling wat gebruik word. 'n Tipiese voorbeeld foutboodskap wanneer u die handboek oopmaak, is: "There was an error opening this document. The file is damaged and could not be repaired."

Ons kragtige bediener is in die VSA en aflaaiprobleme kom byna uitsluitlik in Suid-Afrika voor. Dis algemene kennis dat die internetkoppeling uit SA na die buiteland baie beperk is. Verder dui intensiewe naspeuring van die probleem deur ons diensverskaffer daarop dat stadige koppelings later uitsny omdat verskillende persone se prosesse oorvleuel.

Volg hierdie stappe:

*Stappe wat kliënte tot dusver die meeste gehelp het, is met 'n asterisk gemerk.

Wenk: Aflaaiproses neem lank. Moenie herhaalde kere klik nie. Dit mag elke keer registreer as 'n volgende aflaai en veroorsaak dat u aflaaigeleenthede opraak.

  1. *Gebruik 'n vinnige koppeling.

  2. *Laai af wanneer die internet na die buiteland nie besig is nie bv wanneer ander slaap.

  3. *Laai die produkte af by ‘n kundige persoon met ‘n sterk, vinnige internetkoppeling. Omdat dit 'n eenmalige proses is, help mense graag. Dink aan u werkgewer, gurus in die familie, vriende, biblioteke, ens. Onthou dat ADSL-koppelings se spoed baie kan wissel van plek tot plek.

  4. Probeer op jou eie rekenaar aflaai met ‘n ander webleser soos Chrome, Firefox of Internet Explorer. Hulle is almal gratis om af te laai van die internet af.

    Heinrich sê: Ek het ontdek dat wanneer ek Internet explorer met Download accelerator gebruik is daar 'n probleem. Gebruik jy egter Mozilla met sy eie aflaai program is daar nie 'n probleem nie.

    Gerrit sê: Ek het die lêer afgelaai. Die probleem was met die DAP (download manager). Sonder die DAP het dit maklik afgelaai.

  5. Wanneer u op die aflaaihaak (link) bv. 04WISH geklik het, bied u webleser aan om die lêer te "Open" of "Save". Kies eerder "Save".

  6. Tegnies van aard: Indien nog nie reg nie en u gebruik Firefox. Gaan na Firefox > Options > Advanced tab > Network tab. Stel Offline Storage na Automatic of groter as 200MB.

Alternatiewe

Indien niks hiervan gewerk het nie het u twee alternatiewe.
  1. Koop die gedrukte boeke teen gewone pryse. Kontakbesonderhede daarvoor is by Kontak > Kontakbesonderhede.

  2. Stuur vir ons 'n epos met hierdie inligting en ons sal probeer help:
    • U faktuurnommer.
    • Watter produk probeer u aflaai?
    • Watter webleser(s) het u gebruik? (Firefox, Internet Explorer, …)
    • Watter soort internetkoppeling gebruik u? (Dailup, ASDL, …)
    • Wie is u internetverskaffer?
    • Kan u agterkom dat die aflaaiproses onderbreek raak? Na hoe lank?
    • Watter stappe het u reeds gedoen?

Ons kontakbesonderhede is hier.

Raad oor die program wat die afgelaaide handboek (.pdf) oopmaak

Wenk: Onthou die foutboodskap "There was an error opening this document. The file is damaged and could not be repaired." beteken die lêer het beskadig geraak in die aflaaiproses. Dus is die probleem nie by die program waarmee u die lêer lees nie maar by die aflaai. Volg daarvoor die stappe bo-aan hierdie bladsy.

Indien u die afgelaaide handboek op 'n ander rekenaar kan oopmaak, kan u hierdie stappe volg om u rekenaar se Pdf-leser reg te kry.

  1. Maak seker dat u die nuuste weergawe van Adobe se Pdf-leser het. Hy word op die oomblik Adobe Reader genoem. Gaan na Help > Check for updates en voltooi die proses. Indien u hom nie het nie, laai hom af en installeer. Hy is gratis. http://get.adobe.com/reader/

  2. Indien u opgedateer het en dit werk nog nie, uninstall Adobe Reader, "Reboot" u rekenaar en installeer hom nuut. http://get.adobe.com/reader/

  3. Indien die vorige stappe nie werk nie, maak die handboek met 'n ander Pdf-leser oop. Soek op die internet na "Foxit pdf reader", laai die gratis weergawe af en installeer.



Myne
Aanmeld
Betaalmiddels

VISA en MASTER kaart
Klik hier vir meer inligting

PAYPAL
Betaal met PAYPAL. Klik hier vir meer inligting

(Volledige besonderhede in die Gids punt 2 op die voordeur)



Sertifikate

Gebruikers aanlyn:  1117 ongeregistreerde kliente
Kopiereg © 1997-2024 Kenweb Oplossings