Leeg    
 

Kategorie
Inligting alfabeties - kyk ook na die boonste keuselys
Kenweb Oplossings » Hoe betaal ek dmv PAYPAL met kredietkaarte

Hoe betaal ek dmv PAYPAL met kredietkaarte

Hoe betaal ek met Paypal? (2checkout)

Wenk: Nadat u per kaart betaal het is die aflaaihake ook op die webwinkel beskikbaar. Meld aan en klik op "My Fakture".
Kies die faktuur wat u pas betaal het.

Wenk: Indien u nie self 'n kredietkaart het nie, kan iemand anders namens u die betaling doen. Sorg net dat die ander persoon
die stappe hieronder baie noukeurig volg.

Wenk: Paypal kan ook aan jou bankrekening gekoppel word vir betalings.

Belangrik: Merk asseblief dat alle betalings op die webwerf in Amerikaanse Dollar (USD) afgetrek sal word deur Paypal.

  1. Wanneer u tevrede is met die items in die trollie moet u die bestelling voltooi deur op "Betaalpunt" te klik.

  2. Kies op die volgende skerm kredietkaart en Paypal en klik op "Volgende".




  3. Die volgende skerm wys weer u trollie-inhoud. U moet heel onder op "Plaas bestelling" klink om die bestelling te finaliseer.




  4. Dit kan lank neem voordat die volgende skerm verskyn. Wag asb geduldig.


  5. By betaalmetode sal u dan Paypal kan kies. Klik "Continue to Paypal".




  6. Indien u PayPal kies, kry u hierdie skerm. Klik "Log In".



  7. Vul u Paypal besonderhede in en klik "Log In".



  8. Ons help graag indien u vashaak. Meld net die nommer op hierdie bladsy waar u vashaak en verduidelik wat gebeur het. Normaalweg verloop alles seepglad.


  9. Na 'n ruk (mag lank wees) word u teruggeneem van Kenweb se webwinkel en word u faktuur gewys. Klik sommer al hier op "Laai af" om u produk(te) af te laai as u wil.



  10. Die faktuur met die aflaaihake word ook aan u ge-epos.

    Wenk: Nadat u per kaart betaal het is die aflaaihake ook op die webwinkel beskikbaar. Meld aan en klik op "My Fakture". Kies die faktuur wat u pas betaal het.

    Wenk: Indien u nie u faktuur ontvang nie mag u eposadres verkeerd wees. Meld aan en gaan na "Verander my besonderhede" om dit te kontroleer.



Myne
Aanmeld
Betaalmiddels

VISA en MASTER kaart
Klik hier vir meer inligting

PAYPAL
Betaal met PAYPAL. Klik hier vir meer inligting

(Volledige besonderhede in die Gids punt 2 op die voordeur)



Sertifikate

Gebruikers aanlyn:  140 ongeregistreerde kliente
Kopiereg © 1997-2024 Kenweb Oplossings