|
 |
Hoe voltooi en laat onderteken ek 'n sertifikaat
Hoe voltooi en laat onderteken ek 'n sertifikaat.
Volg asb hierdie stappe noukeurig. 'n Bykomende koste mag nodig word indien u nie elke stap deeglik volg nie. U mag 'n rekenaarkundige nodig kry indien u nie self met .pdfs bekend is nie. Ons help graag indien u nie die aanwysings verstaan nie.
- Laai die pdf sertifikaat af soos u ander produkte aflaai. Die Gids "Hoe laai ek produkte af" verduidelik.
- Maak die sertifikaat oop met Adobe Reader wat reeds op u rekenaar
behoort te wees. Anders kan 'n kundige u help om Adobe Reader van die internet af
te laai en te installeer.
-
Voltooi die sertifikaat met Adobe Reader. Gee die volgende inligting:
- Graad: Graad wat die leerder voltooi het met behulp van Kenweb se produkte. Kies een op die afrollys.
- Leerdername en van (volledig): Volle name en van van die leerder
- Leerder se prestasie
- Gr 4 - 9: Punteverslag: Gee op elke lyn 'n eksamenvak en die punt in die volgende kolom.
Gr 7 tot 9 samestelling van punt: ingrif 1 = 12.5%, middeleksamen = 25%, ingrif 2 = 12.5% eindeksamen = 50%.
Gr 4 tot 6 samestelling van punt: ingrif 1 = 15%, middeleksamen = 35%, ingrif 2 = 15% eindeksamen = 35%.
Gee die vordering vir nie-eksamenvakke as "Voltooi".
- Gr 3: Leerareas: Voltooi deur op die afrollyste te kies en punte te gee waar nodig.
Samestelling van punte: ingrif 1 = 15%, middeleksamen = 35%, ingrif 2 = 15% eindeksamen = 35%
- Gr 1 - 2: Leerareas: Voltooi deur op die afrollyste te kies.
- Kenweb pakket aangekoop: Die graad se pakket wat aangekoop is om die jaar te voltooi. Kies op die afrollys.
- Faktuurnommers: (NB - gee faktuurnommers vir ELKE item. Laat nie-toepaslike fakture uit. U fakture is ook op die webwerf beskikbaar. Meld net aan en kies Fakture. Gee net die nommers sodat hulle kan inpas in die spasie.)
- Gr 3 - 9: Faktuurnommers vir die aankoop van hierdie items vir die betrokke graad:
- rekenaarpakket
- net EIND-eksamenvraestelle
- vir die aankoop van die sertifikaat self (nie tevore gebruik)
- Gr 1 - 2: Faktuurnommers vir die aankoop van hierdie items vir die betrokke graad:
- rekenaarpakket
- vir die aankoop van die sertifikaat self (nie tevore gebruik)
- Kliëntnaam: Kliëntnaam en van wat die pakkette aangekoop het. Nie die leerder se naam nie.
- Kliënt ID nommer: Kliënt se SA ID nommer, NIE die students s'n nie.
- Belangrik: U kan nie op hierdie stadium die sertifikaat onderteken nie. Dit gebeur later.
- Bêre die voltooide vorm met Adobe Reader as .pdf op u rekenaar waar u hom weer sal kry om hom aan te haak by 'n epos.
- Heg die voltooide sertifikaat aan 'n epos en stuur dit aan kenweb@kenweb.co.za. Gee die eposopskrif Sertifikaat leerdernaam en graad. Byvoorbeeld "Sertifikaat Jan Koen Gr 5". Stuur 'n afsonderlike epos vir elke sertifikaat.
<< Stuur die sertifikate nou vir Kenweb >>
U sal dan die ondertekende, amptelike sertifikaat binne ongeveer 5 werksdae terug ontvang as alles volledig en korrek is.
-
Druk dit uit en onderteken dit as ouer.
-
Bewaar dit.
Belangrik: Maak asseblief seker dat u die sertifikaat na voltooiing veilig bêre en rugsteun. Kenweb hou nie rekord van sertifikate nie. Kenweb het natuurlik nie die volledige sertifikaat nie.
|
 |
Betaalmiddels
|