
Fout met aflaai- / oopmaak van rekenaarpakkette?
Kry u, wanneer u die afgelaaide program wil installeer, 'n foutboodskap dat die lêer
beskadig is of nie oopgemaak kan word nie? Indien wel moet u verder lees.
Die
foutbewoording kan iets wees soos: "Cannot open file because it is either not a supported file type or because the file has been damaged."
Wat gebeur? Sommige kliënte se rekenaars se teenvirusprogramme hernoem rekenaarprogramlêers (.exe) wat afgelaai word na .pdf om hulle veilig te maak. So kan "WiskundeVaardighede.exe" bv verander word na "WiskundeVaardighede.pdf". Wanneer Adobe Reader die legger dan probeer oopmaak as .pdf kan hy natuurlik nie en meld aan die die lêer beskadig is.
Die lêer is nie beskadig nie, die naam is net verkeerd.
Oplossing:
- U mag 'n rekenaarkundige vir die hernoeming nodig hê.
- Maak seker dat u die lêer, soos die Gids aandui, eers op u rekenaar bêre wanneer u dit aflaai. Moet dit nie laat loop nie!
- Kyk na die naam van die lêer wat u gebêre het. As u die agtervoegsel (bv. .pdf) kan sien, kan u voortgaan met die volgende stap. Indien nie, MOET u die stappe op hierdie bladsy volg om die agtervoegsel te laat wys.
- Verander dan die naam van die afgelaaide lêer terug na die oorspronklike ".exe". Klik hier vir meer volledige inligting.
- Voorbeelde:
- Gr03Geheelpakket.pdf > Gr03Geheelpakket.exe,
- Gr03Afrikaans.pdf > Gr03Afrikaans.exe,
- KenwebSkitterlees.pdf > KenwebSkitterlees.exe,
- VinnigeVingers.pdf > VinnigeVingers.exe,
- WiskundeVaardighede.pdf > WiskundeVaardighede.exe en
- Begeleieropleiding.pdf > Begeleieropleiding.exe.
- Installeer nou die program deur die stappe in die Gids te volg.