Leeg    
 

Kategorie
Inligting alfabeties - kyk ook na die boonste keuselys
Kenweb Oplossings » Hoe werk die rekenaarkodes?

Hoe werk die rekenaarkodes?


So werk rekenaarpakkette se kodes

Met die eerste installasie van ‘n rekenaarpakket word die produkreeksnommer van die pakket aan die spesifieke rekenaar verbind.

As ‘n rekenaarpakket van die rekenaar verwyder word en later weer daarop geïnstalleer word, sal die webwinkel weer ‘n aktiveringskode kan gee.

Indien dieselfde rekenaarpakket op ‘n ander rekenaar geïnstalleer word, sal die webwinkel weier om die aktiveringskode te gee. 'n Afsonderlike rekenaarpakket moet vir elke rekenaar gekoop word.

Indien daar iets ingrypends met ‘n rekenaar gebeur, sal ons probeer help solank dit nie herhalend voorkom nie. Goeie rekenaarvaardighede is nodig om die omvattende bewysstukke wat in so 'n geval nodig is voor te berei.

Wenk: Hou deeglik tred met watter rekenaarpakket en produkreeksnommer op elke rekenaar gebruik is.

Wenk: Hou u fakture veilig as bewys dat u 'n rekenaarpakket gekoop het.

Waar kry ek 'n geïnstalleerde rekenaarpakket se produkreeksnommer en vervaldatum?

U kan na installasie vasstel watter produkreeksnommer (PRN) vir 'n rekenaarpakket op ‘n rekenaar gebruik is. Maak die pakket oop en gaan na Hulp > Inligting. Kyk by PRN. Kyk na die afbeelding.

Die keerdatum vir die gebruik van die rekenaarpakket is ook daarin beskikbaar. Kyk by “Hierdie program kan nog gebruik word tot”.

Kyk ook na Hoe aktiveer ek 'n program?

Groot gesinne

Dis belangrik dat u 'n program se produkreeksnommer aan een rekenaar verbind. Maak 'n aantekening daarvan. Moenie die produkreeksnommer weer gebruik wanneer u die program op 'n volgende rekenaar installeer nie! Indien u dit wel doen, sal die eerste rekenaar probleme gee wanneer u later 'n aktiveringskode daarvoor nodig kry.

U moet ook al die nodige voorsorg tref dat leerders nie met rekenaars peuter en u Kenwebprogramme ongeldig maak nie. Kenweb kan nie daarvoor verantwoordelikheid neem nie. Indien dit wel gebeur sal u programme moet aankoop vir rekenaars waarvoor u 'n aktiveringskode nodig kry en waarvoor die webwerf aandui dat die produkreeksnommer reeds op 'n rekenaar gebruik is.

Ons sal u aanvanklik probeer help maar indien probleme voortduur sal u daarvoor verantwoordelikheid moet neem.



Myne
Aanmeld
Betaalmiddels

VISA en MASTER kaart
Klik hier vir meer inligting

PAYPAL
Betaal met PAYPAL. Klik hier vir meer inligting

(Volledige besonderhede in die Gids punt 2 op die voordeur)



Sertifikate

Gebruikers aanlyn:  123 ongeregistreerde kliente
Kopiereg © 1997-2024 Kenweb Oplossings