
Hoe werk rapporte?
1. Ouers bevorder self leerders na die volgende graad
Dis belangrik om te verstaan dat tuisonderwys in die land geldig is. Ouers is self verantwoordelik vir die standaard en vir bevordering na die volgende graad. Dus is
ouers se eie rapport/verslag volledig geldig. Meer daaroor onder
Wetlike Aspekte.
Daar mag egter van ouers verwag word om die standaard van werk wat die leerder(s) gedoen het te bewys. Kenweb se doelwitvelle, praktiese opdragte, toetse, skriftelike eksamens en selfs die oueropleiding maak dié taak maklik.
2. Gratis verslagvorms
U kan hierdie voorgestelde vorms vir so 'n verslag
gratis aflaai. Dis in Word-formaat en laai vinnig af.
Die verslae is
geskik vir die middel van die akademiese jaar sowel as aan die einde van die jaar. Voltooi net die gedeeltes wat van toepassing is.
Verslag Gr 3 - 6. Om dit af te laai klik
hier.
Verslag Gr 7 - 9. Om dit af te laai klik
hier.
3. Vir die verslag aan die einde van die jaar kan die jaarpunt so bereken word.
Gr 3 tot 6
- 15% Ingrif 1
- 35% Middeleksamen
- 15% Ingrif 2
- 35% Eindeksamen
Gr 7 tot 9
- 12.5% Ingrif 1
- 25.0% Middeleksamen
- 12.5% Ingrif 2
- 50.0% Eindeksamen
4. Skole, tersiêre inrigtings en werkgewers mag bykomende bewyse vra
Tersiêre inrigting, skole, ander kurrikulumverskaffers en werkgewers mag, naas die verslag, aangedring op 'n
bewys dat die ouers se onderrig op
standaard was. Daarvoor is Kenweb se spontane verslae gewoonlik meer as voldoende. Dit bestaan uit voltooide doelwitvelle in die vakgidse,
werkstukke, skriftelike eksamens en enige ander bewyse wat ouers deur die jaar versamel het. U kan byvoorbeeld 'n joernaal hou van besoeke, uitstappies, ervarings, ens.
Indien
ouers se rapporte/sertifikate nie aanvaar word nie kan 'n regsaak gemaak
word. Dis waar die Pestalozzi Trust se lidmaatskap kosbaar is. Sluit
vooraf aan.
5. Kenweb se jaareind sertifikate
Maar Kenweb verskaf tog jaareind sertifikate (teen 'n koste) omdat dit
soms net die
buitestempel gee wat die wa deur die drif kry. As u die sertifikate
egter mooi deurlees, sal u sien dat dit eintlik maar net 'n ouerverslag op
Kenweb se briefhoof is waarin Kenweb sê dat die ouers self die werk gedoen
het en Kenweb se pakkette gebruik het. Koop Kenweb sertifikate by Produkte > Graad # > Sertifikaat.
Belangrik: Indien u 'n sertifikaat wil aankoop moet u vooraf doodseker maak dat u aan al die vereistes in die sertifikaat se webwinkelbeskrywing voldoen. Gaan na Produkte > Sertifikate > Klik op die toepaslike sertifikaat om die besonderhede te sien. Die werkswyse om 'n sertifikaat te voltooi en aan te vra word ook daarin uiteengesit.
Dit moet nougeset gevolg word om vertragings en selfs bykomende koste te voorkom.
Belangrik: 'n Aangekoopte sertifikaat kan net een keer vir een student gebruik word. Oortreding daarvan stel verdere Kenweb diens aan u in gevaar.
Belangrik: Kenwebsertifikate kan net uitgereik word kort nadat die werk gedoen en eksamens geskryf is. Aangekoopte sertifikate moet binne 14 maande gebruik word. Gebruik die
gratis verslagvorms (kyk bo) indien u nie meer kwalifiseer nie.
Hoe lank voordat ek die getekende sertifikaat terug kry? U kan die sertifikaat binne 'n paar werksdae terug ontvang MITS u die aanwysings by die itembeskrywing noukeurig volg en die inligting op die sertifikaat en in die epos volledig en korrek is. Indien nie kan dit weke neem en selfs ektra kostes meebring.
Sertifikaat vir gr 1 - 2
Sertifikaat vir gr 3
Sertifikaat vir gr 4 - 9