Leeg    
 

Kategorie
Inligting alfabeties - kyk ook na die boonste keuselys
Kenweb Oplossings » Spoor self oplossings op

Spoor self oplossings op

Min kliënte ervaar probleme maar met hierdie bladsy kan u vinniger vorder deur self oplossings vir probleme op te spoor. Laat weet asb hoe ons dié bladsy kan aanvul of verbeter.

Aflaai, installeer en aktiveerprobleme.

Meeste probleme wat mense ervaar word opgelos deur die stappe onder Webwerf > Hoe? deeglik te volg. Indien dit nie u probleem oplos nie, kan u hier verder soek.

Probleem
Moontlike rede
Voorkoms* van hierdie rede
Moontlike oplossing(s)
Aflaai
Die produk laai elke keer net af tot by ?? MB en hou dan op.
U internetkoppeling mag te stadig wees of beperk word deur ander internetverkeer. 100%
+ Laai af wanneer die internet nie so besig is nie.
+ As dit nie werk nie, vra iemand met 'n sterk internetkoppeling om dit vir jou af te laai.




Aflaai
Wanneer 'n afgelaaide .pdf, gewoonlik 'n handboek, oopgemaak word, gee dit die fout "There was an error opening this document. The file is damaged and could not be repaired."
U internetkoppeling mag te stadig wees of beperk word deur ander internetverkeer. 99%
+ Laai af wanneer die internet nie so besig is nie.
+ As dit nie werk nie, vra iemand met 'n sterk internetkoppeling om dit vir jou af te laai.
Aflaai
Wanneer 'n afgelaaide .pdf, gewoonlik 'n handboek, oopgemaak word, gee dit die fout "There was an error opening this document. The file is damaged and could not be repaired."
Die produk op die webwinkel is foutief. 0%
Die fout kom nie voor nie.




Installeer
Die rekenaarprogram wil nie installeer nie.
Die program op die webwinkel is foutief. 0%
Die fout kom nie voor nie.
Installeer
Die rekenaarprogram wil nie installeer nie.
Die .exe lêer kon met die aflaai beskadig geraak het.
97%
Installeer op 'n ander rekenaar maar moenie aktiveer. As die installasie suksesvol is, is die afgelaaide programlêer reg. Indien nie, laai die program weer af.
Installeer
Die rekenaarprogram wil nie installeer nie.
U het nie genoeg magtiging om die program te installeer nie.
3%
Regsklik op die aflaaide .exe lêer en kies "Run as administrator".




Installeer
Vinnige Vingers gee fout "Runtime error 74 Path not found ... Sarie_adv_stella.jpg"
U installeer op Windows 7.
100%
  • Kry 'n rekenaarkundige om u te help.
  • Gaan na C:\Program Files (x86)\Kenweb\Kenweb Vinnige Vingers\Kenweb Vinnige Vingers\bronkode
  • Kopieer prentjies, data en hulp.
  • Gaan na C:\Program Files (x86)\Kenweb\Kenweb Vinnige Vingers
  • Plak.




Aktiveer
Fout 1011: Die kode wat u ingevoer het is foutief, kontroleer asb dat dit presies ingevoer soos wat dit aan u verskaf is. As die probleem bly voortbestaan, kontak asb u verkooppunt. Verskaf hierdie foutnommer. Probeerslag ?/3.
U tik die kode verkeerd in.
99%
+ Wanneer 'n karakter 'n getal of 'n letter kan wees, is dit altyd 'n getal. Byvoorbeeld "1" sal een wees en nie "l" soos in lank nie en "0" sal nul wees.
+ Alle letters moet kleinletters wees.
+ Probeer om die kode te kopieer, al is dit stuk vir stuk.
*Voorkoms - persentasie kere wat 'n spesifieke "Moontlike rede" vir dieselfde probleem tans voorkom. Die persentasie is gebaseer op ons ervaring met navrae van kliënte.

Indien u nie die fout opgelos kry nie, stuur vir ons 'n epos. Sluit dié inligting in om tyd te bespaar:
  • Die betrokke faktuurnommer.
  • Die betrokke produk waarmee u die probleme het.
  • 'n Volledige beskrywing van die foute wat gegee word. Soms is daar 'n reeks foute. Noem hulle asb almal.
  • 'n Volledige beskrywing van die oplossings wat u reeds probeer het en die uitkoms van elk.
  • Stuur die epos aan kenweb@kenweb.co.za.


Myne
Aanmeld
Betaalmiddels

VISA en MASTER kaart
Klik hier vir meer inligting

PAYPAL
Betaal met PAYPAL. Klik hier vir meer inligting

(Volledige besonderhede in die Gids punt 2 op die voordeur)



Sertifikate

Gebruikers aanlyn:  422 ongeregistreerde kliente
Kopiereg © 1997-2024 Kenweb Oplossings