Leeg    
 

Kategorie
Inligting alfabeties - kyk ook na die boonste keuselys
Kenweb Oplossings » Inhoude en wetlike aspekte

Inhoude en wetlike aspekte




Inhoude en wetlike aspekte

Hierdie bladsy verduidelik watter leerplanne Kenweb aanbied en hoekom dit wettig gebruik kan word.

1. Tuisonderwys is wettig

Kenweb verskaf baie volledige hulpmiddels vir gebruik in tuisonderwys. Dus is die belangrike vraag of tuisonderwys wettig is.

In Suid-Afrika is tuisonderwys wettig. Dit beteken ouers mag hulle kinders self tuis onderrig. Definisie: onderrig deur ouers self wat tuis gedoen word.

Instansies soos skole, tersiêre inrigtings en kurrikuluimverskaffers moet ouers se onderrig erken. Sulke instansies mag egter aandring op 'n bewys dat onderrig op 'n sekere standaard was.

Maar soos baie tuisonderwys ouers sal kan getuig, hou amptenare nie altyd by die wetgewing nie en eis meer. Dis waar die Pestalozzi Trust waardevol raak. Hulle ken die wetgewing en kan tuisonderwysouers beskerm. Maak seker dat jy by hulle aansluit voordat jy probleme kry.

Wenk: Vir die studente onder ons is daar 'n lys van die wette wat tuisonderwys raak op die Vereniging vir Tuisonderwys se webwerf. Gaan na www.tuisskolers.org > Legal.

Die Kenwebstelsel se hoë standaard, sy omvangryke en spontane verslae en sy skriftelike eksamens maak dit maklik om 'n hoë standaard te bewys.

2. Is Kenweb wettig?

Is Kenweb wettig? Is Kenweb geregistreer by die onderwysdepartement?

Dis belangrik om te besef dat Kenweb hulpmiddels verskaf om tuisonderwys makliker en beter te maak. Wanneer jy 'n handboek in 'n boekwinkel koop, hoef die boekwinkel nie geregistreer te wees by die departement nie. So Kenweb ook nie. Ons verkoop handboeke, rekenaarprogramme en eksamenvraestelle vir tuisonderwys. Geen wet bepaal dat net sekere hulpmiddels of verskaffers se hulpmiddels in tuisonderwys toegelaat word nie. Tuisonderwys is op sy eie wettig.

Maar Kenweb het al 'n naam vir hoë standaarde en kom voor op die departement se lyste van kurrikulumverskaffers.

Onderwysowerhede mag natuurlik bewyse vereis dat jou onderrig op standaard was. Indien Kenwebstelsel volledig gedoen word, het jy 'n oorvloed bewyse van die werk wat jy gedoen het en die standaard daarvan. Ons vakgidse verduidelik hoe.

3. Watter kurrikulums gebruik Kenweb?

Kenweb se handboeke, rekenaarprogramme en eksamenvraestelle gebruik die inhoudryke leergange van voor 1994 en K2005 (dus ook nie CAPS nie). Inhoude van meeste vakke verskil van huidige leergange. Vakke soos tale en wiskunde kom natuurlik baie ooreen.

Ons inhoude verseker 'n baie hoë standaard van kennis wat die grondslag vorm van terugvoer van ouers oor talle kinders wat, na graad 9, in die gewone bedeling soveel onderskeidings kry.

4. Is Kenweb se vakgebaseerde, voor 1994-kurrikulums vir tuisonderwys toelaatbaar?

Ja!

"Regter Cynthia Pretorius het vandag in die Pretoriase Hooggeregshof verklaar dat die nasionale kurrikulum nie bindend is op onafhanklike skole en ouers wat tuisonderwys gee nie." Lees die Pestalozzi Trust se verklaring hier. Dus is Kenweb se inhoudryke leergange van voor K2005 wettig.

Belangrik: Bogenoemde geld vir tuisonderwys maar nie vir skole en leersentrums nie. Kenweb verskaf nie produkte aan skole of groepe nie - net tuisonderwys.

4. Na gr 9 moet die huidige kurrikulums verkieslik bestudeer word

Die leergange wat ons gebruik maak dit noodsaaklik om ons produkreeks in gr 9 te eindig. Daarna kan leerders ander kurrikulums, wat hulle doelgerig voorberei vir die eksamens wat die staat in daardie grade voorskryf, gebruik. 

Ons ontvang terugvoer van ouers dat leerders wat die Kenwebstelsel gebruik het 'n beduidende voorsprong het wanneer hulle na voltooiing van gr 9 oorskakel na die huidige leergange.

Raadpleeg asb die lys van kurrikulumverskaffers vir tuisonderwys by www.tuisskolers.org indien u verder wil gaan met tuisonderwys. Ons kan ongelukkig nie 'n ingeligte aanbeveling maak nie.

 

5. Werk Kenweb soos 'n skool?

Moet jy jou leerders by Kenweb registreer en hou Kenweb beheer oor hoe die leerder vorder en oor eksamens? Nee!

Kenweb handhaaf tuisonderwysbeginsels volledig. In tuisonderwys is die ouers in beheer en weet die beste wat goed is vir hulle kinders. Kenweb sterk net ouers se hande met handboeke, rekenaarprogramme, doelwitvelle, praktiese take, ontwikkeling van houdings en vaardighede en skriftelike eksamens wat ouers self merk. Kenweb het 'n maklike, vinnige en effektiewe stelsel wat 'n duidelike tydraam en leiding in sy vakgidse gee. Ons kan ook help met Kenwebsertifikate wanneer ons volledige pakkette gebruik is. Maar so 'n sertifikaat is slegs die ouers se verklaring op 'n Kenweb briefhoof.

Dus kan leerders/tuisskole/klein skole nie by Kenweb registreer soos by 'n skool nie. Kenweb ontvang nie van ouers verslae nie en hou geen rekords oor studente nie.

6. Moet ek my kind by die onderwysdepartement registreer?

Kenweb registreer natuurlik nie u kind(ers) namens u by die onderwysdepartement nie maar ouers moet dit minstens oorweeg. Daar bestaan weerstand teen registrasie weens ontoelaatbare eise wat soms na registrasie deur amptenare gestel word. Die Pestalozzi Trust kan vooraf hieroor goeie raad gee.

As u u kind wil registreer, kan u die onderwysdepartement in u provinsie skakel en vra dat hulle die nodige vorms aan u stuur. As u net meer inligting daaroor wil bekom, kyk gerus by www.tuisskolers.org. Ons beveel sterk aan dat u dadelik by die Pestalozzi Trust aansluit om u regte te beskerm soos teen amptenare wat onregmatig optree.


Kosbare verdere inligting by Webwinkel > Agtergrond > Tuisonderwys.


Myne
Aanmeld
Betaalmiddels

VISA en MASTER kaart
Klik hier vir meer inligting

PAYPAL
Betaal met PAYPAL. Klik hier vir meer inligting

(Volledige besonderhede in die Gids punt 2 op die voordeur)



Sertifikate

Gebruikers aanlyn:  364 ongeregistreerde kliente
Kopiereg © 1997-2024 Kenweb Oplossings