|
 |
Downloadmanager
Hierdie bladsy help u om 'n download manager op die Firefox webleser te installeer en 'n produk daarmee af te laai.
Installeer 'n download manager
- Maak die Firefox webleser oop. (Dis tans waarskynlik die beste webleser en kan gratis afgelaai word by www.mozilla.com)
- Maak seker dat Firefox u verstek (default) webleser is. Gaan na
Firefox > Options > Advanced tussenskort > System Defaults
opskrif. Merk "Always check to see if Firefox is the default browser".
OK.
- Gaan in die Firefox na Add-ons. (Firefox > Add-ons / Tools > Add-ons)
- Klik op Get Add-ons en soek vir DownThemAll (dis 'n download manager). Klik op Install.
Laai die produk daarmee af
- Maak nou weer die epos met die aflaaihake oop en klik op die
item wat u wil aflaai. Die korrekte webwinkelbladsy sal oopgemaak word
in Firefox. Klik op die aflaaihaak bv 05AARH.pdf (22.5MB).
- 'n Nuwe venster maak oop en vra "What should Firefox do with this file?". Merk die radio knoppie vir DownThemAll > OK.
- 'n Nuwe venster maak oop. Hier kan u aandui waar die lêer gebêre moet word. OK.
|
 |
Betaalmiddels
|