Leeg    
 

Kategorie
Inligting alfabeties - kyk ook na die boonste keuselys
Kenweb Oplossings » Hoe aktiveer ek 'n program?

Hoe aktiveer ek 'n program?






Wanneer u 'n program klaar geïnstalleer het, kan u die volgende stappe volg om dit te aktiveer.

Aktiveer program

  1. Om die program oop te maak gaan na Start > All Programs > Kenweb > bv. Gr 5 Geheelpakket.

  2. Die program sal vra vir 'n produkreeksnommer. Op die faktuur wat u ontvang het nadat u bestelling verwerk is, sal u 'n produkreeksnommer kry. Onthou dat u fakture ook op die webwinkel beskikbaar is nadat u aangemeld het.

    Wenk: As u meer as een program gekoop het sal daar 'n afsonderlike produkreeksnommer vir elke program wees. Maak asb seker dat u die regte produkreeksnommer by die regte program intik.




  3. Sleutel die produkreeksnommer noukeurig in.

    Indien die program nie u kode wil aanvaar nie tik u dit verkeerd in. Probeer die volgende:

    • Wanneer 'n karakter in die produkreeksnommer 'n letter of getal kan wees, is dit altyd 'n getal. 1 sal dus een wees en nie l soos in lank nie. 0 sal nul wees.
    • Bv. in "0x2e1" sal die eerste karakter 'n nul wees en die laaste karakter 'n een.
    • Karakters wat nie getalle is nie is altyd kleinletters. Bv dgx.

    Klik op 'Gaan voort'.




  4. Die program sal dan 'n boodskap gee dat u nog 14 dae het om die program te evalueer en te aktiveer. Klik op 'Gaan voort' as u die program eers wil evuleer en later wil aktiveer. As u die program wil aktiveer klik op 'Aktiveer'.

    U kan die program steeds aktiveer al is daar 0 dae oor om dit te evalueer.



  5. Op die aktiveringskerm sal die produkreeksnommer en rekenaarkode gewys word. Die rekenaarkode word deur die program self geskep vir die spesifieke rekenaar en rekenaarpakket.




  6. Om die aktiveringskode te kry, gaan na die webwinkel en meld aan met u gebruikersnaam en wagwoord.




  7. Onder die opskrif 'Myne' klik op 'Aktiveringskode'.




  8. Op die aktiveringsbladsy sleutel u die produkreeksnommer en rekenaarkode in soos aangedui op die aktiveringskerm van u program.

    BELANGRIK:  'n Rekenaarpakket en sy produkreeksnommer kan net op EEN rekenaar geinstalleer word. Indien u 'n pakket op 'n volgende rekenaar installeer en probeer aktiveer, sal die webwinkel NIE 'n bykomende aktiveringskode uitreik nie. Die webwinkel teken pogings om bykomende kodes te kry aan op u rekords.




  9. Nadat u die twee kodes ingesleutel het, klik op 'Genereer aktiveringskode'. Die aktiveringskode sal verskyn.

    Belangrik: Indien u 'n boodskap kry dat u foutiewe kodes verstrek het, moet u elke kode deeglik kontroleer vir tikfoute. Kyk ook na die wenke oor watter foute mag voorkom.

    Wenke om foute op te spoor:
    1. Alle letters in die kodes is kleinletters. Syfers is groter.
    2. Wanneer 'n karakter 'n letter of 'n syfer kan wees, is dit altyd 'n syfer. So sal 1 altyd 'een' wees en nie 'L' soos in leeu nie.
    3. 0 sal 'nul' wees. Die letter 'o' sal 'n kleinletter wees.
    Belangrik: Indien u 'n boodskap kry dat die program al op 'n ander rekenaar geinstalleer is, moet u seker maak dat u die regte produkreeksnommer vir die program gebruik het. Kontroleer weer op u faktuur. 'n Produkreeksnommer mag net op een rekenaar gebruik word.

  10. Kopieer die aktiveringskode na die "Vul die aktiveringskode hier in" spasie. Klik op 'Gaan voort' en u program sal geaktiveer wees.




  11. Kyk ook na Hoe werk die rekenaarkodes?


















Myne
Aanmeld
Betaalmiddels

VISA en MASTER kaart
Klik hier vir meer inligting

PAYPAL
Betaal met PAYPAL. Klik hier vir meer inligting

(Volledige besonderhede in die Gids punt 2 op die voordeur)



Sertifikate

Gebruikers aanlyn:  446 ongeregistreerde kliente
Kopiereg © 1997-2024 Kenweb Oplossings