Kenweb Oplossings » Hoe registreer ek vir aankope? (Herwin my inligting?)
Hoe registreer ek vir aankope? (Herwin my inligting?)
Hierdie bladsy verduidelik
hoe om te registreer vir aankope en die nuusbrief.
hoe om jou verlore gebruikernaam en wagwoord te herwin.
A. Registreer vir aankope en die nuusbrief
Belangrik: Moet asseblief nie hierdie registrasie met registrasie soos by 'n skool verwar nie. Dis bloot om te kan aankoop op die webwinkel. Kenweb verskaf net produkte om tuisonderwys te ondersteun (kyk na regsaspekte in die Gids) en tree nie as 'n skool op nie.
Gaan na die webwinkel en klik op Registreer regs onder die opskrif "Aanmeld".
Op die volgende bladsy kan u u besonderhede gee. Items met 'n rooi asterisk moet voltooi word.
Die gebruikersnaam (username) moet in kleinletters wees sonder spasies of spesiale karakters soos é,?,&, ens. Gebruik enige veilige wagwoord.
Belangrik: Teken hierdie inligting op 'n veilige plek aan vir latere gebruik.
Hier kan u kies watter nuusbrief(e) u wil ontvang. Klik om te merk. Die verstelling kan later verander word met "Verander my besonderhede" nadat u aangemeld het.
Wenk: Die nuusbriewe hou u op hoogte van verwikkelinge by Kenweb wat groot voordeel mag inhou. Belangrike aankondigings word ook deur die nuusbriewe gedoen.
Nadat alles voltooi is, klik op "Stuur" om te registreer. U sal 'n epos ontvang wat bevestig dat die registrasie suksesvol was. Maak 'n nota van u Gebruikernaam en wagwoord vir latere gebruik.
B. Herwin jou verlore gebruikernaam en wagwoord
Op die voordeur van Kenweb se webwerf klik in die paneel regs op "Herwin wagwoord".