|
 |
Gebruiksvoorwaardes
Kenweb se Standaard Gebruiksvoorwaardes
-
Die outeursreg en kopiereg van Kenweb se rekenaarprogramme en die
hulpmiddels wat daarmee saamgaan, berus by Kenweb en word beskerm deur
die Wet op Kopiereg, Internasionale Ooreenkomste en ook ander wette.
- Kenweb se produkte mag slegs aangekoop en gebruik word deur ouer(s) wat die produkte self tuis vir eie kinders gebruik. Net sulke persone kan aanspraak maak op na-verkopediens in hierdie Standaard Gebruikvoorwaardes genoem.
- Vak hulp is die verantwoordelikheid van ouers.
- Gebruiksreg op Kenweb se programme word gekoop vir 'n tydperk van vier jaar. Die aankoopfaktuur moet gewys kan word. Na vier jaar moet nuwe regte gekoop word.
- 'n Gebruiksreg vir rekenaarprogramme wat aan Kenweb behoort, mag nie aan 'n volgende gebruiker oorgedra of verkoop word nie.
-
'n Rekenaarpakket van Kenweb mag slegs op een rekenaar gebruik word.
- Gebruikers moet aanvanklik 'n aktiveringskode by Kenweb kry om
rekenaarprogramme waarvoor hulle gebruikregte het, te aktiveer. Geen
bykomende fooie word daarvoor gehef mits dit binne die
gebruiksregtydperk van die gekoopte programme is nie.
- Gebruikers moet die produkte wat hulle aflaai veilig bewaar vir
toekomstige gebruik. Elke item kan net ses keer afgelaai word en is net
beskikbaar vir aflaai vir 90 dae na die aankoop daarvan.
-
Die gebruiker moet die materiaal wat deur Kenweb verskaf word op
ontvangs nagaan en enige vervaardigingsfout of -gebrek binne 30 dae
vanaf ontvangs aanmeld vir regstelling.
-
Die koper het die reg om sy koopooreenkoms met Kenweb te kanselleer
binne 3 dae na die inbetaling van die koopbedrag. Die koopbedrag sal
terugbetaal word mits die koper nie die rekenaarprogramme geaktiveer het
nie en mits die koper nie ander items soos handboeke afgelaai het nie.
-
Gebruikers van Kenweb se produkte en dienste verbind hulle tot die orde- en ander reëlings wat daarvoor getref word soos om die Gids vooraf te bestudeer. Nie-voldoening hieraan kan opskorting van Kenweb se dienste aan die betrokke gebruiker meebring.
Kenweb se hoog gesubsidieerde produkte werk met selfgedrewe aankope en implementering. Die GIDS, produkbeskrywings en inligting in die produkte self gee die nodige stappe en inligting. Persoonlike diens is nie by produkpryse ingesluit nie.
-
'n Gebruiker het geen regte behalwe die wat in hierdie standaard
gebruiksvoorwaardes vervat word nie, tensy skriftelik deur Kenweb
verskaf.
-
Hoewel alle voorsorg getref is om te sorg dat Kenweb se produkte en
dienste van die hoogste kwaliteit is, gee Kenweb geen waarborg,
uitdruklik of stilswyend, van enige aard hoegenaamd in verband met die
bruikbaarheid daarvan nie. Verder aanvaar Kenweb geen aanspreeklikheid
in enige opsig vir die produkte en dienste nie. Kenweb sal nie
verantwoordelik wees vir enige direkte, indirekte, toevallige of
gevolglike skade nie.
-
Hierdie standaard gebruiksvoorwaardes mag van tyd tot tyd hersien word.
|
 |
Betaalmiddels
|