Leeg    
 

Kategorie
Inligting alfabeties - kyk ook na die boonste keuselys
Kenweb Oplossings » Hoe koop ek?

Hoe koop ek?










Hierdie bladsy help u om die produkte wat u nodig het te vind en te koop.

BELANGRIK: Die produkte wat u hier aankoop word alles van die internet afgelaai. U het 'n goeie internetkoppeling daarvoor nodig. Omdat dit eenmalig is, kan u ook aflaai by iemand anders wat 'n sterk koppeling het.

  1. Meld aan, of registreer as u dit nog nie gedoen het nie.



  2. Klik op die boonste keuselys op Produkte en dan op die toepaslike graad. Kies "Wat ons aanbeveel".



  3. Die groen gedeelte is die items wat ons aanbeveel. Indien dit is wat u wil koop, kan u eenvoudig elke item daarvan in u trollie plaas. Die blou items is nie in die prys ingesluit nie maar is waardevolle aanvullings, veral die eksamenvraestelle met hulle memorandums.

    Klik op "hier" om die item aan te koop.

    Hoewel ons die groen gedeelte aanbeveel vir 'n graad, is dit geensins verpligtend nie. U kan ENIGE item en ENIGE kombinasie ENIGE tyd aankoop. Die itembeskrywings help u besluit.



  4. Onderaan die aanbevole items is die afdelings wat al die items bevat. Klik op elkeen om die items daarin te sien.

  5. Klik op "Sit in trollie" om dit in u trollie te sit.



  6. So lyk dit dan.



  7. Sit nou die ander items wat u wil koop ook in die trollie. Moenie items wat "Advertensie" in die naam het in u trollie sit nie. Dis net 'n advertensie vir produkte wat elders aangekoop kan word.

    Belangrike wenk: Omdat mense tipies nie meer as een keer dieselfde produk van die internet aflaai nie, laat die webwerf net een van 'n item op 'n faktuur toe. Om dit te oorbrug kan u op verskillende fakture aankoop. Doen gerus net een oorbetaling maar wys al die faktuurnommers.

  8. Wanneer al die items wat u wil koop in die trollie is, kan u op "Trollie-inhoud" klik om seker te maak dat u alles het.



  9. U kan hier in die trollie items uitvee en natuurlik teruggaan na die winkel om nog items by te sit.



  10. Wanneer u tevrede is met die items in die trollie moet u die bestelling voltooi deur op "Betaalpunt" te klik.
Hoe om te betaal word afsonderlik bespreek.


Myne
Aanmeld
Betaalmiddels

VISA en MASTER kaart
Klik hier vir meer inligting

PAYPAL
Betaal met PAYPAL. Klik hier vir meer inligting

(Volledige besonderhede in die Gids punt 2 op die voordeur)



Sertifikate

Gebruikers aanlyn:  339 ongeregistreerde kliente
Kopiereg © 1997-2024 Kenweb Oplossings