Wanneer u die rekenaarprogram klaar afgelaai en gebêre het kan u die volgende stappe volg om dit te installeer.
Installeer 'n Kenweb rekenaarprogram
BELANGRIK: Maak doodseker dat u die rekenaarpakket op die regte rekenaar installeer. Om dit op 'n tweede rekenaar te installeer sal u nog 'n rekenaarpakket moet aankoop.
Gaan na die gids toe waarin u die programlêer gebêre het. In Chrome en Firefox kan u net Ctrl-j druk om die afgelaaide items te sien.
Dubbelklik op die lêernaam bv. Gr 5 Geheelpakket.zip om dit oop te maak. U rekenaar mag programme op hê wat die inhoud van die .zip lêer uitpak. Dis ook goed. U mag daarvoor 'n rekenaarkundige nodig kry. (7-zip is 'n gratis program wat ook gebruik kan word.)
Dubbelklik op die lêernaam bv. Gr 5 Geheelpakket.exe.
Indien u 'n boodskap kry soos "The publisher of Gr05Geheelpakket couldn't be verified", kan u voortgaan.
Kry u die fout: Lêer beskadig of nie die regte formaat nie?
'n Installasieskerm sal verskyn en vra of u wil voortgaan met die installasie. Klik op 'Ja'.
Die Standaard Gebruiksvoorwaardes sal nou verskyn. U kan nou daardeur lees en as u tevrede is daarmee op 'Ja, ek aanvaar' klik.
'n Derde skerm sal vra waar u op u rekenaar die program moet installeer. Klik op 'Gaan voort' sonder om te verander.
Belangrik: Kenwebprogramme moet in die verstekgids op C: geinstalleer word. Indien die riglyn nie gevolg word nie verbeur die koper ondersteuning om die produk aan die werk te kry.
(VINNIGE VINGERS mag 'n fout gee wanneer u dit op Windows 7 installeer. Volg dan die stappe hier. Die foutbeskrywing is: "Run-time error '76': Path not found ...")
'n Volgende skerm met 'Die installasie is suksesvol voltooi' sal wys. Klik op 'OK'.
Nou kan u die program aktiveer. Klik hier om na "Hoe aktiveer ek 'n program" te gaan.
U het 14 dae om die program te aktiveer. Ons beveel aan dat u dit so gou moontlik doen sodat u gebruik van die program nie onderbreek word nie. Totdat die program geaktiveer is, kan u op die skermpie wat aandui hoeveel dae oor is, op "Gaan voort" klik om te kan werk.