Hoe registreer ek vir aankope? (Hoe herwin ek my inligting?)
Hierdie bladsy verduidelik
- hoe om te registreer vir aankope en die nuusbrief.
- hoe om jou verlore gebruikernaam en wagwoord te herwin.
A. Registreer vir aankope en die nuusbrief
Belangrik: Moet asseblief nie hierdie registrasie met registrasie soos by 'n skool verwar nie. Dis bloot om te kan aankoop op die webwinkel. Kenweb verskaf net produkte om tuisonderwys te ondersteun (kyk na regsaspekte in die Gids) en tree nie as 'n skool op nie.