Your Cart
Loading

Hoe koop ek?

Hierdie bladsy help u om die produkte wat u nodig het te vind en te koop.

BELANGRIK:

Betalings en bedrae word in USD of Amerikaanse Dollar aangedui. Die waarde is 1USD vir 19ZAR. (Paypal kan die bedrag in ZAR wys by betaling en die transaksie in ZAR voltooi.)


Die produkte wat u hier aankoop word alles van die internet afgelaai. U het 'n goeie internetkoppeling daarvoor nodig. Omdat dit eenmalig is, kan u ook aflaai by iemand anders wat 'n sterk koppeling het.


1. Meld aan, of registreer as u dit nog nie gedoen het nie. 

2.Klik op die toepaslike graad.  Die groen gedeelte is die items wat ons aanbeveel. Indien dit is wat u wil koop, kan u eenvoudig elke item daarvan kies en klik add to cart.

Die blou items is nie in die prys ingesluit nie maar is waardevolle aanvullings, veral die eksamenvraestelle met hulle memorandums. 


3.Klik op die item naam om die item aan te koop. Hoewel ons die groen gedeelte aanbeveel vir 'n graad, is dit geensins verpligtend nie, maar nodig om 'n sertifikaat te voltooi. U kan ENIGE item en ENIGE kombinasie ENIGE tyd aankoop. Die itembeskrywings help u besluit.  

Onderaan die aanbevole items is die afdelings wat al die items bevat.


4.Klik op elkeen om die items daarin te sien. 

5.Klik op "Add to cart" om dit in u trollie te sit. 

Sit nou die ander items wat u wil koop ook in die trollie.


Belangrike wenk: Omdat mense tipies nie meer as een keer dieselfde produk van die internet aflaai nie, laat die webwerf net een van 'n item op 'n faktuur toe. Om dit te oorbrug kan u op verskillende fakture aankoop.


6.Wanneer al die items wat u wil koop in die trollie is, kan u op "Add to cart" klik om seker te maak dat u alles het. 


U kan hier in die trollie items uitvee en natuurlik teruggaan na die winkel om nog items by te sit.  Wanneer u tevrede is met die items in die trollie moet u die bestelling voltooi deur op "Checkout" te klik. Hoe om te betaal word afsonderlik bespreek.