Your Cart
Loading

Hoe installeer ek my program?

Wanneer u die rekenaarprogram klaar afgelaai en gebêre het kan u die volgende stappe volg om dit te installeer.


Installeer 'n Kenweb rekenaarprogram

BELANGRIK: Maak doodseker dat u die rekenaarpakket op die regte rekenaar installeer. Om dit op 'n tweede rekenaar te installeer sal u nog 'n rekenaarpakket moet aankoop.


Gaan na die gids toe waarin u die programlêer gebêre het. In Chrome en Firefox kan u net Ctrl-j druk om die afgelaaide items te sien.


Dubbelklik op die lêernaam bv. Gr 5 Geheelpakket.zip om dit oop te maak. U rekenaar mag programme op hê wat die inhoud van die .zip lêer uitpak. Dis ook goed. U mag daarvoor 'n rekenaarkundige nodig kry. (7-zip is 'n gratis program wat ook gebruik kan word.)


Dubbelklik op die lêernaam bv. Gr 5 Geheelpakket.exe.


Indien u 'n boodskap kry soos "The publisher of Gr05Geheelpakket couldn't be verified", kan u voortgaan.


Kry u die fout: Lêer beskadig of nie die regte formaat nie? Probeer om die zip weer af te laai.


'n Installasieskerm sal verskyn en vra of u wil voortgaan met die installasie. Klik op 'Ja'.


Die Standaard Gebruiksvoorwaardes sal nou verskyn. U kan nou daardeur lees en as u tevrede is daarmee op 'Ja, ek aanvaar' klik.


'n Derde skerm sal vra waar u op u rekenaar die program moet installeer. Klik op 'Gaan voort' sonder om te verander.


Belangrik: Kenwebprogramme moet in die verstekgids op C: geinstalleer word. Indien die riglyn nie gevolg word nie verbeur die koper ondersteuning om die produk aan die werk te kry.



(VINNIGE VINGERS mag 'n fout gee wanneer u dit op Windows 7 installeer. Volg dan die stappe hier. Die foutbeskrywing is: "Run-time error '76': Path not found ...")


'n Volgende skerm met 'Die installasie is suksesvol voltooi' sal wys. Klik op 'OK'

Sodra u die program oop maak kan u die PRN kode invul. Hier die kode is in die .txt wat saam met die zip van die program op die webwerf beskikbaar is. Laai die txt af en maak dit oop en dra die kode oor na die program.


U het 14 dae om die program te aktiveer. Ons beveel aan dat u dit so gou moontlik doen sodat u gebruik van die program nie onderbreek word nie. Totdat die program geaktiveer is, kan u op die skermpie wat aandui hoeveel dae oor is, op "Gaan voort" klik om te kan werk.


Nou kan u die program aktiveer. Klik hier om na "Hoe aktiveer ek 'n program" te gaan.


So werk rekenaarpakkette se kodes

Met die eerste installasie van ‘n rekenaarpakket word die produkreeksnommer van die pakket aan die spesifieke rekenaar verbind.


As ‘n rekenaarpakket van die rekenaar verwyder word en later weer daarop geïnstalleer word, kontak ons asseblief met die volledige inligting.


Indien dieselfde rekenaarpakket op ‘n ander rekenaar geïnstalleer word, sal ons weier om die aktiveringskode te gee. 'n Afsonderlike rekenaarpakket moet vir elke rekenaar gekoop word.


Indien daar iets ingrypends met ‘n rekenaar gebeur, sal ons probeer help solank dit nie herhalend voorkom nie. Goeie rekenaarvaardighede is nodig om die omvattende bewysstukke wat in so 'n geval nodig is voor te berei.


Wenk: Hou deeglik tred met watter rekenaarpakket en produkreeksnommer op elke rekenaar gebruik is.


Wenk: Hou u fakture veilig as bewys dat u 'n rekenaarpakket gekoop het.


Waar kry ek 'n geïnstalleerde rekenaarpakket se produkreeksnommer en vervaldatum?

U kan na installasie vasstel watter produkreeksnommer (PRN) vir 'n rekenaarpakket op ‘n rekenaar gebruik is. Maak die pakket oop en gaan na Hulp > Inligting. Kyk by PRN. Kyk na die afbeelding.


Die keerdatum vir die gebruik van die rekenaarpakket is ook daarin beskikbaar. Kyk by “Hierdie program kan nog gebruik word tot”.


Kyk ook na Hoe aktiveer ek 'n program?


Groot gesinne

Dis belangrik dat u 'n program se produkreeksnommer aan een rekenaar verbind. Maak 'n aantekening daarvan. Moenie die produkreeksnommer weer gebruik wanneer u die program op 'n volgende rekenaar installeer nie! Indien u dit wel doen, sal die eerste rekenaar probleme gee wanneer u later 'n aktiveringskode daarvoor nodig kry.


U moet ook al die nodige voorsorg tref dat leerders nie met rekenaars peuter en u Kenwebprogramme ongeldig maak nie. Kenweb kan nie daarvoor verantwoordelikheid neem nie. Indien dit wel gebeur sal u programme moet aankoop vir rekenaars waarvoor u 'n aktiveringskode nodig kry en waarvoor die webwerf aandui dat die produkreeksnommer reeds op 'n rekenaar gebruik is.


Ons sal u aanvanklik probeer help maar indien probleme voortduur sal u daarvoor verantwoordelikheid moet neem.