Your Cart
Loading
Only -1 left

Oueropleiding

On Sale
$22.00
$22.00
Added to cart

Hierdie pakket is ideaal vir ouers en onderwysers wat hulle kinders wil help om selfgedrewe te raak. U kan met die pakket uitvind hoekom daar selfs internasionaal gepraat word oor die besondere prestasies van kinders wat die Kenwebstelsel reg gebruik.


Die pakket sluit die volgende in: 'n "Selfgedrewe-onderwys" elektroniese handleiding met 65 A4-bladsye, geskryf deur Andre van den Berg; 'n rekenaarprogram waarmee die begeleier sy vordering toets plus 'n studiegids wat die werkwyse verduidelik. Dit sluit 'n doelwitvel in wat die werk opdeel in 6 weke. Hierby is kontroles vir hoofstukraamwerke, gedoende rekenaarvrae, praktiese aspekte (waar van toepassing), ken hoofstukke en rekenaar hoofstuktoetse ingebou.


Die elektroniese handleiding behandel aspekte soos: Die agtergrond waarteen ons vandag onderwys gee. Hoe selfgedrewe-onderwys verloop. Hoe selfgedrewe-onderwys terugvoer gee. Die onderbou wat selfgedrewe-onderwys nodig het. Die pakket lei die begeleier op met dieselfde metodes en hulpmiddels wat die Kenwebkind gebruik. Daarom het u, wanneer u die kursus voltooi het, nie net kennis van hoe die Selfgedrewe stelsel werk nie. U het ook praktiese ervaring van die metode sodat u u kind beter kan verstaan en beter kan help.


Die kursus is bedoel vir ouers en onderwysers. DIE KURSUS IS 'N MOET VIR BEGELEIERS WAT DIE KENWEBSTELSEL VOLLEDIG WIL BENUT.

You will get the following files:
  • TXT (37B)
  • ZIP (4MB)
  • PDF (380KB)