Kenweb Oplossings » Gr 3 » Alle Gr 3 geskandeerde handboeke » Gr 3 Afrikaans geskandeerde handboek

Gr 3 Afrikaans geskandeerde handboek
Gr 3 Afrikaans geskandeerde handboek 
Hierdie is 'n geskandeerde handboek wat nie meer deur die uitgewers versprei word nie. U sal 'n skakel (link) ontvang waarmee u dit van die internet kan aflaai. Dit word verskaf teen 'n internetdienskoste. Onder "Besonderhede" kan u sien hoe lank dit sal neem om af te laai.

Hierdie handboek is nodig vir Afrikaans Gr 3.

Dit bevat die tekste vir begripstoetse, asook verduidelikings sodat die oefeninge op die rekenaarprogram met insig gedoen kan word. Dit bevat ook die inligting vir mondelinge en skriftelike stelwerktake wat die onderrig van Afrikaans volledig maak.

Titel: Afrikaans vir vandag 1.
Skrywers: AP v Niekerk, JJ Steyn, WH Herman, J Vosloo.
Aantal hoofstukke: 10.
Aantal bladsye: 66.

Al die hoofstukke, behalwe die laaste hersieningshoofstuk, het dieselfde struktuur. Dit begin met 'n begripstoets, wat die kind in die boek moet lees en dan die vrae op die rekenaar kan antwoord. Dan doen en praat aktiwiteite. Daarna is daar 'n taalleer deel wat uit verduidelikings en oefeninge bestaan. Hierdie oefeninge word op die rekenaar gedoen sodat dit onmiddellik gemerk word en die kind direkte terugvoer kan kry. Dan is daar spelling wat ook in die rekenaarprogramme vervat is. Elke tweede of derde hoofstuk het ook hersieningsoefeninge wat deel van die rekenaarprogram vorm.

Hierdie produk is ontwikkel vir Suid-Afrika se vorige, inhoudryke leerplanne. Vir voldoening aan uitkomsgebaseerde leerplanne (bv K2005) mag weglating, aanpassing of aanvulling nodig wees.

Besonderhede
 
Download Size 7.69MB
Download Time Less than 1 minute @ 1.8mbs [Change Connection Speed]
Produkkode 03AFRH
Prys: R10.00

Keuses
 
Aantal 1 (hierdie produk kan van die internet afgelaai word)

Sit in trollie
        
Sit op wenslys




Epos hierdie bladsy
U eie naam: *
U eie eposadres: *
Ontvanger eposadres: *

Epos hierdie bladsy


Groter foto

 
Gebruikers aanlyn:  474 ongeregistreerde kliente

Kopiereg © 1997-2024 Kenweb Oplossings