Kenweb Oplossings » Oueropleiding » Alle rekenaarprogramme en vakgidse vir begeleiers » Vinnige Vingers

Vinnige Vingers
Vinnige Vingers 
"Kenweb Vinnige Vingers" is 'n rekenaarpakket wat tikvaardigheid bevorder. Dit is deur Kenweb self ontwikkel. In die rekenaareeu waarin ons lewe, is 'n vermoë om vinnig te kan tik, 'n kosbare vaardigheid.

Let tog daarop dat hierdie program tikvaardigheid ontwikkel. Moet dit nie verwar met die vak Rekenaartik nie. Vinnige Vingers is geskik vir aanvangsonderrig tot senior, senior burgers!

(Vir gebruik op Windows 7 mag daar 'n  aanpassing nodig wees. Kyk hier.)

Vinnige Vingers is volledig in Afrikaans. Dit beteken nie net dat die aanwysings op die skerm in Afrikaans is nie, Afrikaanse woorde en paragrawe word ook gebruik vir inoefening. Vinnige Vingers oefen ook spesiale karakters wat in Afrikaans voorkom, in. Dit is byvoorbeeld ê, ï en û.

Die doelwitvelle is geskik vir aanvangsonderrig tot graad 12 en ondersteun die vak Rekenaartik vir graad 10-, 11- en graad 12-standaard. Die doelwitvelle is uitgewerk om in 21 dae te leer tik, maar dit kan maklik aangepas word vir eie behoeftes. Die doelwitvelle is in die program ingebou en kan uitgedruk word op 'n drukker. Die uitgedrukte doelwitvelle waarop prestasie afgeteken word, wys duidelik hoe gevorder word. Dit werk motiverend, maar help ook dat begeleiers op hoogte kan bly van hoe kinders vorder.

Vinnige Vingers is geprogrammeer om eenvoudig te wees om te gebruik. 'n Mens kan met een oogopslag sien hoe Vinnige Vingers ingestel is en dit maklik verander. Op skerm word 'n sleutelbord vertoon wat met kleurkodes en hande duidelik aandui watter sleutels deur elke vinger gedruk moet word. Die program kan 'n klank gee wanneer die verkeerde letter getik word. Die grootte van die skrif op die skerm kan verstel word. Dit is ideaal vir jonger kinders en selfs ook vir ouer persone wat nie goed kan sien nie. Daar kan tussen drie modusse gekies word: OORTIK waarmee bo-oor die letters op die skerm getik word, ONDERTIK waarmee in 'n lyntjie onder die letters getik word en PARAGRAAFTIK waarmee in 'n afsonderlike blok getik word.

Vinnige Vingers is geskik vir individue, tuisonderwys en vir skole. Spesiale afslag is beskikbaar vir skole wat Vinnige Vingers op meer as een rekenaar wil installeer. Vinnige Vingers kan gebruik word op Windows 95 of beter. Rekenaars wat effektief werk met die voorgeskrewe bedryfstelsel is goed genoeg vir Vinnige Vingers.

Vinnige Vingers is geprogrammeer vir alle onderdomme - jy moet net kan lees. Vinnige Vingers beleef rekordverkope by Kenweb. Kry u Vinnige Vingers nou en beleef die lekkerkry van u eie vinniger vingers.

Besonderhede
 
Download Size 3.39MB
Download Time Less than 1 minute @ 1.8mbs [Change Connection Speed]
Produkkode TIKVIVP1S
Prys: R260.00

Keuses
 
Aantal 1 (hierdie produk kan van die internet afgelaai word)

Sit in trollie
        
Sit op wenslys




Epos hierdie bladsy
U eie naam: *
U eie eposadres: *
Ontvanger eposadres: *

Epos hierdie bladsy


Groter foto

 
Gebruikers aanlyn:  701 ongeregistreerde kliente, 1 geregistreerde kliente

Kopiereg © 1997-2024 Kenweb Oplossings