Leeg    
 

Kategorie
Inligting alfabeties - kyk ook na die boonste keuselys
Kenweb Oplossings » Koopvoorwaardes

Koopvoorwaardes



Ons sien uit om u tot diens te wees!


  1. Omdat Kenweb se produkte met nagenoeg 80% gesubsidieer word, is daar nie afslag of afbetaling beskikbaar nie.

  2. Aankope by Kenweb se webwinkel is selfgedrewe wat vereis dat u die inligting in die Gids op die webwinkel se voordeur goed deurwerk om effektief te kan koop en werk, maar ook om vertragings en slaggate te vermy.

    Indien die leeswerk in die Gids teveel voel, beveel ons aan dat u eerder 'n ander kurrikulumverskaffer gebruik.

    Navrae en opmerkings oor aspekte wat nie in die Gids gedek word nie bly welkom. Diens wat nodig word omdat die Gids nie gelees is nie word teen betaling gelewer.

    Wenk: Maak die aankoop 'n gesamentlike projek met u kind(ers) sodat hulle aan die einde ook meer weet van internet aankope en Kenweb op die koop toe.

  3. Indien u, eerder as om selfgedrewe die Gids, itembeskrywings en vakgidse te bestudeer, verkies om stap-vir-stap deur die koopproses en gebruik van ons produkte begelei te word, is daar professionele dienste beskikbaar teen 'n koste.

  4. Gebruiksreg op Kenweb se rekenaarprogramme word gekoop vir 'n tydperk van vier jaar. Daarna moet nuwe regte gekoop word. Aangekoopte sertifikate moet binne 14 maande gebruik word.

  5. 'n Rekenaarpakket van Kenweb mag slegs op een rekenaar gebruik word.

  6. Maak seker dat u die rekenaarprogram op die regte rekenaar installeer.

  7. 'n Gebruiksreg vir rekenaarprogramme wat aan Kenweb behoort, mag nie aan 'n volgende gebruiker oorgedra of verkoop word nie.

  8. Kenweb verskaf nie produkte aan groepe soos skole en leersentrums nie of tutors nie, net aan gesinne wat self onderrig vir eie kinders tuis doen. Redes onderaan. Sodra dit blyk dat ons produkte in 'n groepering gebruik word, verval enige diens.


Kyk ook na Hoe werk die rekenaarkodes?

Kenweb se Gebruiksvoorwaardes het meer agtergrond hieroor.

-----------------------------------------------------------------------------


Verduideliking oor "groepe"

Ons het tevore produkte aan groepe soos leersentrums, groepe ouers wat saam tuisonderrig gee, tutors en skole verskaf (hierna "groepe" genoem) maar was gedwing om die diens te staak oor die volgende redes:
  1. Personeel verbonde aan groepe het hulle nie ingegrawe in Kenweb se werkswyse (Gids) nie en gevolglik aanhoudend ekstra persoonlike diens van Kenweb verwag.
  2. Groepe het Kenweb se naam misbruik deur voor te gee dat hulle 'n "Kenwebskool" bedryf. Dit impliseer dat die skool by Kenweb geregistreer is en Kenweb kwaliteitsbeheer toepas. Ons het nie so 'n stelsel nie, ons verkoop net produkte om tuisonderwys te ondersteun.
  3. Kenweb se rekenaarpakkette is deur groepe onwettig op bykomende rekenaars gelaai.
  4. Omdat groter groepe nie tred hou met watter rekenaarpakkette op rekenaars geïnstalleer word nie het aktivering, nadat probleme ontstaan het, 'n nagmerrie geword.
  5. Leerders in groepe het soveel met die rekenaars gepeuter dat Kenweb aanhoudend 'n diens moes lewer om die rekenaarpakkette weer aan die loop te kry. 
Die bykomende uitgawes kon nie uit ons lae pryse gedek word nie.




Myne
Aanmeld
Betaalmiddels

VISA en MASTER kaart
Klik hier vir meer inligting

PAYPAL
Betaal met PAYPAL. Klik hier vir meer inligting

(Volledige besonderhede in die Gids punt 2 op die voordeur)



Sertifikate

Gebruikers aanlyn:  123 ongeregistreerde kliente
Kopiereg © 1997-2024 Kenweb Oplossings