Leeg    
 

Kategorie
Inligting alfabeties - kyk ook na die boonste keuselys
Kenweb Oplossings » Spesifikasies

Spesifikasies




U en u apparaat moet aan die volgende voldoen om Kenweb se produkte te kan gebruik.

1. Rekenaarspesifikasie

Die minimum is Pentium III-verwerker met 1GB geheue, muis, 15 M vaste skyfspasie, CD-speler.

Die bedryfstelsel moet wees Windows XP, Vista, Windows 7, Windows 10 of beter. Afgeskaalde bedryfstelsels soos ‘XP Starter Edition’ word nie ondersteun nie.

Die bedryfstelsel en rekenaar moet 'n standaard samestelling wees. Virtuele vaste skywe sal byvoorbeeld nie werk nie.

Skootrekenaars kan ook werk hoewel hulle gewoonlik ongemakliker as gewone rekenaars is. Tablette werk gewoonlik nie en word nie ondersteun nie.

Ons beveel 'n rekenaar per kind aan.

2. Internetspesifikasie

'n Internetkoppeling is nodig vir die lees van Kenweb se inligting en prosedures, koop van produkte en aflaai van produkte. U het dus nie 'n deurlopende internetkoppeling nodig nie.

Dialup koppelings (bel elke keer om te koppel) sal gewoonlik nie werk nie. Selfoonkoppelings is moontlik ook te stadig om prakties te wees.
Toets u internetspoed. Klik.Wenk: Indien u internet nie sterk genoeg is nie kan u by iemand anders u produkte aflaai. Elke produk word net eenmalig afgelaai. Indien dit vir u moeilik is om enigsins 'n internetkoppeling te gebruik, kan u ook gedrukte handboeke en CDs teen nie-gesubsidieerde pryse aankoop. Kyk na ons kontakinligting.

Wenk: Internetspoed kan by CNET getoets word. Klik hier. Kies "at home" om te begin. 

3. Vaardigheid-spesifikasie

U moet rekenaar- en internetvaardig wees of iemand hê wat u kan help. Voorbeelde:
  • Die aflaai en installeer is die moeilikste maar dis gelukkig eenmalig. Daar is ook baie duidelike hulp op die webwerf beskikbaar onder Hoe?

  • Die eksamenvraestelle word in .zip en .doc formaat verskaf. U moet die vaardigheid en programme hê om dit oop te maak.

  • Dit mag nodig word dat u 'n "printscreen" aanstuur wanneer u bv by installasie intikfoute maak.





Myne
Aanmeld
Betaalmiddels

VISA en MASTER kaart
Klik hier vir meer inligting

PAYPAL
Betaal met PAYPAL. Klik hier vir meer inligting

(Volledige besonderhede in die Gids punt 2 op die voordeur)



Sertifikate

Gebruikers aanlyn:  124 ongeregistreerde kliente
Kopiereg © 1997-2024 Kenweb Oplossings