Leeg    
 

Kategorie
Inligting alfabeties - kyk ook na die boonste keuselys
Kenweb Oplossings » Downloadmanager

Downloadmanager
Hierdie bladsy help u om 'n download manager op die Firefox webleser te installeer en 'n produk daarmee af te laai.

Installeer 'n download manager

  • Maak die Firefox webleser oop. (Dis tans waarskynlik die beste webleser en kan gratis afgelaai word by www.mozilla.com)
  • Maak seker dat Firefox u verstek (default) webleser is. Gaan na Firefox > Options > Advanced tussenskort > System Defaults opskrif. Merk "Always check to see if Firefox is the default browser". OK.
  • Gaan in die Firefox na Add-ons. (Firefox > Add-ons / Tools > Add-ons)
  • Klik op Get Add-ons en soek vir DownThemAll (dis 'n download manager). Klik op Install.

Laai die produk daarmee af

  • Maak nou weer die epos met die aflaaihake oop en klik op die item wat u wil aflaai. Die korrekte webwinkelbladsy sal oopgemaak word in Firefox. Klik op die aflaaihaak bv 05AARH.pdf (22.5MB).
  • 'n Nuwe venster maak oop en vra "What should Firefox do with this file?". Merk die radio knoppie vir DownThemAll > OK.
  • 'n Nuwe venster maak oop. Hier kan u aandui waar die lêer gebêre moet word. OK.


Myne
Aanmeld
Betaalmiddels

VISA en MASTER kaart
Klik hier vir meer inligting

PAYPAL
Betaal met PAYPAL. Klik hier vir meer inligting

(Volledige besonderhede in die Gids punt 2 op die voordeur)



Sertifikate

Gebruikers aanlyn:  254 ongeregistreerde kliente
Kopiereg © 1997-2024 Kenweb Oplossings