Leeg    
 

Kategorie
Inligting alfabeties - kyk ook na die boonste keuselys
Kenweb Oplossings » Hoe registreer ek vir aankope? (Herwin my inligting?)

Hoe registreer ek vir aankope? (Herwin my inligting?)





Hierdie bladsy verduidelik
  • hoe om te registreer vir aankope en die nuusbrief.
  • hoe om jou verlore gebruikernaam en wagwoord te herwin.

A. Registreer vir aankope en die nuusbrief

Belangrik: Moet asseblief nie hierdie registrasie met registrasie soos by 'n skool verwar nie. Dis bloot om te kan aankoop op die webwinkel. Kenweb verskaf net produkte om tuisonderwys te ondersteun (kyk na regsaspekte in die Gids) en tree nie as 'n skool op nie.

  1. Gaan na die webwinkel en klik op Registreer regs onder die opskrif "Aanmeld".


     


  2. Op die volgende bladsy kan u u besonderhede gee. Items met 'n rooi asterisk moet voltooi word.





  3. Die gebruikersnaam (username) moet in kleinletters wees sonder spasies of spesiale karakters soos é,?,&, ens. Gebruik enige veilige wagwoord.

    Belangrik: Teken hierdie inligting op 'n veilige plek aan vir latere gebruik.





  4. Hier kan u kies watter nuusbrief(e) u wil ontvang. Klik om te merk. Die verstelling kan later verander word met "Verander my besonderhede" nadat u aangemeld het.

    Wenk: Die nuusbriewe hou u op hoogte van verwikkelinge by Kenweb wat groot voordeel mag inhou. Belangrike aankondigings word ook deur die nuusbriewe gedoen.




  5. Nadat alles voltooi is, klik op "Stuur" om te registreer. U sal 'n epos ontvang wat bevestig dat die registrasie suksesvol was. Maak 'n nota van u Gebruikernaam en wagwoord vir latere gebruik.




B. Herwin jou verlore gebruikernaam en wagwoord

  1. Op die voordeur van Kenweb se webwerf klik in die paneel regs op "Herwin wagwoord".

  2. Gee jou eposadres.

  3. U inligting sal na die eposadres gestuur word.


Myne
Aanmeld
Betaalmiddels

VISA en MASTER kaart
Klik hier vir meer inligting

PAYPAL
Betaal met PAYPAL. Klik hier vir meer inligting

(Volledige besonderhede in die Gids punt 2 op die voordeur)



Sertifikate

Gebruikers aanlyn:  284 ongeregistreerde kliente, 1 geregistreerde kliente
Kopiereg © 1997-2024 Kenweb Oplossings