Leeg    
 

Kategorie
Inligting alfabeties - kyk ook na die boonste keuselys
Kenweb Oplossings » Hoe werk Kenweb se produkte?

Hoe werk Kenweb se produkte?


Inhoud

1. Agtergrond
2. Vakgidse
3. Rekenaarprogramme
4. Handboeke en leesreekse
5. Eksamens
6. Oueropleiding



1. Agtergond

  1. Kenweb verskaf produkte wat ouers in hulle eie tuisonderwys gebruik. Ons verskaf nie 'n skooldiens waarvoor u items en punte by ons indien nie. U ontvang alles wat u aankoop dadelik.

  2. Kenweb werk met selfgedrewe aankope en selfgedrewe implementering. Omvattende stap-vir-stap hulp is in die Gids op die voordeur van die webwerf beskikbaar en word deurlopend aangevul. Vrae wat nie in die Gids beantwoord word nie sal Kenweb per epos antwoord.

  3. Kenweb se produkte word eenmalig aangekoop. Pryse word sterk gesubsidieer om help met die onderwysnood. Daarom is ons pryse so laag. Produkte kan nie gedeeltelik aangekoop word nie.

  4. Met Kenweb se produkte kan u enige tyd van die jaar begin en ook enige tyd van die jaar eksamen skryf. U word nie ingeperk tot 'n akademiese jaar nie. Werk deur die Gids om die agtergrond te verstaan.

  5. U kan nie u kind by Kenweb registreer nie. U eie tuisonderwys is voluit wettig. Kenweb se produkte maak dit net vir u maklik om goeie tuisonderwys te gee en u hoë standaard later te kan bewys. Werk deur die Gids om die agtergrond te verstaan en sluit aan by die Pestalozzi Trust om u te beskerm teen onkundige amptenare.

  6. Kenweb se produkte is deurlopend op die webwinkel beskikbaar en kan vinnig gekoop en afgelaai word. Die aflaai is eenmalig en rekenaars hoef nie aan die internet gekoppel te wees wanneer leerders werk nie.

  7. U kan produkte met kredietkaart betaal. Omdat ons pryse so laag is, is afbetaling is nie beskikbaar nie.

  8. Om die jaar se produkte vir 'n graad aan te koop, gaan na die boonste keuselys > Produkte > Graad # > Wat ons aanbeveel. Die items in groen beveel ons aan dat u dit koop. By gr 1 tot 3 moet die leestreekse ook aangekoop word. Dis duur maar 'n noodsaaklike deel van die werk. Eksamenvraestelle kan enige tyd aangekoop word. So kan u ook u produkte enige tyd aanvul indien nodig.

  9. Stap-vir-stap hulp met die aankoop en gebruik van ons produkte is beskikbaar op ons webwerf. Gaan na die boonste keuselys > Hoe?

  10. Ons produkte is bedoel vir tuisonderwys maar kan gemaklik gebruik word vir aanvulling by skoolonderrig.

  11. Die gewildse oplossing vir hulp met moeilike inhoude is om prof Google ;) te raadpleeg. Wikipedia Engels (Afrikaans), afgetrede onderwysers of blink familielede is ook gewild. Om die onderrigmetode beter te verstaan en Kenweb se verborge krag tot sy maksimum te gebruik is ons Oueropleiding 'n wenner. Kenweb het ongelukkig nie spanne onderwysers wat help met moeilike inhoude nie.
Ons hulpmiddels bestaan uit rekenaarpakkette wat vakgidse insluit, handboeke en leesreekse, skriftelike eksamens en ook oueropleiding.

2. Vakgidse

Die ouerhandleidings en vakgidse vorm die ruggraat van 'n Kenwebjaar. Vakgidse is handleidings vir ouers.

Wenk: Kyk na voorbeeldvakgidse by Webwinkel > Agtergrond > Voorbeelde.

Vir gr 1 - 3 is daar 'n 'Oorkoepelende vakgids vir alle vakke' ouerhandleiding wat al die uitkomste en inhoud vir die leerareas uiteensit, daaglikse en weeklikse beplanning het en in detail vaardighede wat aangeleer moet word beskryf. (Dit lei die ouer stap-vir-stap deur elke dag se werk. Klik vir meer inligting: gr 1, gr 2, gr 3.)

Vanaf gr 4 sal die Kenweb leerder al hoe meer leer om selfstandig te werk. Die leerder kry 'n vakgids vir elke vak met 'n doelwitvel wat elke week se werk uiteensit en ook skriftelike take bevat wat voltooi moet word. In senior grade teken leerders 'n boomdiagram van elke hoofstuk en leer dit uit die kop. Dit dien as 'n waardevolle raamwerk en fondament vir die kennis en insigte wat in die stelsel bemeester word.









Vir elke week is daar rekenaarwerk en skriftelike werk wat gedoen moet word.

Die jaar se werk word in 30 weke opgedeel en ons beveel aan dat daar 4 keer 'n jaar eksamen geskryf moet word, twee daarvan met die rekenaarprogramme.

Kyk na of druk vakgidse deur een van Kenweb se rekenaarpakkette oop te maak en links bo te klik op "Druk vakgidse". Die vakgidse is in .pdf-formaat. Indien u sukkel om dit oop te maak kan u die pdfleser kry by http://get.adobe.com/reader/.

Wenk: Kyk na voorbeeldvakgidse by Webwinkel > Agtergrond > Voorbeelde.


3. Rekenaarprogramme

Vir elke graad is daar 'n rekenaarprogram met 'n databasis van vrae. Die vrae handel oor die werk in die handboek. Dit dek elke belangrike aspek van 'n vak. Daarmee kan leerders bepaal hoe goed hulle die inhoud onthou.

Die rekenaarvrae volg nadat die leerder die toepaslike stuk in die handboek bestudeer het.








Ons het 'n interaktiewe video wat u oplei om die program te gebruik. Klik hier.


4. Handboeke en leesreekse

Die handboeke en leesreekse wat Kenweb gebruik, is sorgvuldig uitgekies en is gebaseer op Christelike beginsels soos geformuleer in Christelike Nasionale Onderwys (CNO) in die vorige bedeling.

Vanaf gr 4 tot 9 is die handboeke volgens die vorige kennis-gebaseerde kurrikulums. Hoewel dit voldoen aan vereistes vir tuisonderwys, kan ouers wat wil dit aanpas en byvoeg om te voldoen aan die huidige kurrikulums. Die doelwitvelle gee 'n oorsig en maak sulke aanpassings maklik.

Gr 1 tot 3 dek die ou en nuwe kurrikulums en word hoog aangeskryf.


5. Eksamens

Daar is 4 eksamens wat ons aanbeveel wat jaarliks afgelê moet word.

Die 1ste eksamen word op die rekenaar gedoen sodra die eerste 7 weke se werk voltooi is. Leerders kry gewoonlik 20% meer vir rekenaareksamens as vir die skriftelike eksamens.

Wanneer helfte van die jaar (15 weke) se werk voltooi is, word die middel skriftelike eksamens geskryf.

Skriftelke vraestelle word aangekoop op die webwinkel, afgelaai en uitgedruk. 'n Memorandum word saam verskaf wat ook die punte aandui sodat ouers self kan merk.


Die 3de eksamen word weer op die rekenaar gedoen wanneer 'n verdere 7 weke se werk voltooi is.

Die laaste eksamen word weer skriftelik afgelê wanneer die volledige jaar se werk voltooi is. Dit is die eind skriftelike eksamen en dek week 15 - 30 se werk vir gr 3 - 6 en week 1 - 30 se werk vir gr 7 - 9. Dit word ook op die webwinkel aangekoop, afgelaai en uitgedruk. Ouers merk.

Eksamens kan enige tyd van die kalenderjaar gedoen word.

Skriftelike eksamenvraestelle en hulle memorandums kan vinnig op Kenweb se webwinkel aangekoop en afgelaai word. Die wagwoord om die vraestel mee oop te maak, word in 'n wagwoord.doc-lêer ingesluit.

Kyk ook hierna.


6. Oueropleiding

Om die voordele wat die Kenwebstelsel bied volledig te kan benut, is dit van groot waarde vir die ouer om die Oueropleiding deur te werk.

Die elektroniese handleiding behandel aspekte soos:
  • Die agtergrond waarteen ons vandag onderwys gee.
  • Hoe selfgedrewe-onderwys verloop.
  • Hoe selfgedrewe-onderwys terugvoer gee.
  • Die onderbou wat selfgedrewe-onderwys nodig het.
Die pakket lei die ouer op met dieselfde metodes en hulpmiddels wat die Kenwebkind gebruik.

Daarom het u, wanneer u die kursus voltooi het, nie net kennis van hoe die Selfgedrewe stelsel werk nie. U het ook praktiese ervaring van die metode sodat u u kind beter kan verstaan en beter kan help.

Koop die oueropleidingpakket by Webwerf > Produkte > Oueropleiding.


Myne
Aanmeld
Betaalmiddels

VISA en MASTER kaart
Klik hier vir meer inligting

PAYPAL
Betaal met PAYPAL. Klik hier vir meer inligting

(Volledige besonderhede in die Gids punt 2 op die voordeur)



Sertifikate

Gebruikers aanlyn:  167 ongeregistreerde kliente
Kopiereg © 1997-2024 Kenweb Oplossings