Leeg    
 

Kategorie
Inligting alfabeties - kyk ook na die boonste keuselys
Kenweb Oplossings » Regte van amptenare

Regte van amptenare


Die regte van amptenare

Soms stel amptenare onwettige eise aan tuisskole. Hierdie is 'n uittreksel uit 'n boodskap geskryf deur Leendert van Oostrum op die Christentuisonderwys poslys. Lees dit gerus as u insig wil kry in die regte van amptenare en watter soort onwettige vereistes aan tuisonderwys gestel kan word. Natuurlik beveel ons sterk aan dat u vir totale gemoedsrus terwyl u tuisonderwys doen aansluit by die Pestalozzi Trust wat deur Leendert bestuur word.

"Ian Curry-Black wrote to me off-list:

Subject: Fwd: Vergadering met Gauteng Departement Onderwys - 29 Julie

Hi Leendert
 
What would the trusts position be on such a meet?. What role if any would the trust play?
 
Please comment to the forum on the matter.
 
Regards
Ian
 
-----Original Message-----
From: Sophie Breytenbach [mailto:sophie@breytenbach.co.za]
Sent: 22 June 2011 11:41 AM
Subject: Vergadering met Gauteng Departement Onderwys(GDO)
 
Geagte Medetuisskolers,
 
Ek het onlangs besoek ontvang van 'n amptenaar van die GDO want ek tuisonderrig twee van my kleinseuns. Die dame, Carol Motswane, (hoof van die GDO se Tuisskoling afdeling) het vooraf 'n afspraak met ons gemaak. Sy was baie vriendelik en het die besoek baie professioneel hanteer. Die volgende inligting is aan ons verskaf wat ek graag met u almal deel:
 
1. Wanneer 'n leerling as tuisskoler by die GDO gerigistreer is, verwag
hulle 'n rapport aan die einde van elke jaar wat die vordering van die leerling
aandui. D.w.s. watter graad die kind voltooi het. Dit word saam met ander
inligting op 'n lêer gehou.
 
2. Indien die leerling op 'n stadium weer die formele skool wil betree, kry die ouers 'n sertifikaat wat spessifiseer tot op watter graad die kind gevorder het en dit dien dan as toelatingsertifikaat b y die skool van toetrede.
 
3. Hierdie sertifikaat is ook nodig as die leerling graad 12 by 'n publieke skool wil aflê.
 
4. Sodanige sertifikaat is ook nodig as die ouers sou besluit om die kind na graad 9 by 'n privaat kollege in te skryf vir 'n kursus van die leerling se keuse om graad 8,9 ens. te voltooi.
 
5. Die GDO beplan om hierdie rëeling te vergemaklik deur 'n "toelatingsnommer" aan elke tuisskoler toe te ken sodat die skool of kollege waarby so 'n tuisskoler wil inskryf, slegs die GDO skakel en die nommer kry wat bevestig die leerder het 'n sekere graad bereik.
 
Ons het aan die amptenaar genoem dat die verhouding tussen ons tuisskolers en die GDO nie positief is nie en dat die tuisskolers baie vrese en vrae het oor moontlike negatiewe optrede deur die owerhede. Sou die GDO bereid wees om 'n vergadering met die tuisskolers te hou waar al hierdie kwessies bespreek kan word en die lug gesuiwer kan word. Ons het slegs enkele redes hiervoor aan haar genoem soos;
 
1. Tuisskolers voel dis beter om nie by die GDO te registreer nie om moontlike negatiewe optredes te kan vryspring soos bv. wetlike vervolging om kinders in die skole terug te kry.
 
2. Tuisskolers wil nie gedwing wees om die S A Kurrikulum te volg nie. Met oa bg. in gedagte, sou die GDO gewillig wees om 'n vergadering met tuisskolers te hou sodat kwellinge en vrae be-antwoord kan word? Ons sou ook bydraes en insette wou lewer rakende tuisonderrig.
 
Sy was baie gretig om so 'n vergadering te hou en het ons gevra of ons nie tuisskolers kon nader en dit voorstel nie.
 
Dus die rede vir hierdie skrywe is dan om vas te stel of daar persone sal wees wat so 'n vergadering sal wil bywoon. Op hierdie stadium is daar 'n prokureur wie se kind 'n tuisskoler is wat gewillig is om vrae rondom die wetlike aspekte op so 'n vergadering aan te spreek.
 
Ons wil ook graag diegene van u akkomodeer wat gladnie bekend wil wees aan die GDO nie en u verseker u sal nie gedwing word om bv. 'n presensielys te teken nie.
 
Sal u aandui of u die vergadering sal bywoon (ons wil net 'n getal hê) en of Vrydag 29 Julie 'n aanvaarbare datum sal wees. U kan direk met my kontak asseblief.
 
Vriendelike groete,
Sophie Breytenbach.
 
NS. This will be available in English on request.
--
Sophie Breytenbach
012-802-1532 (W)
086-621-7831 (F)
084-840-0618

Dear Ian,

In principle, the Trust encourages its members to attend such meetings to inform themselves. It also sends representatives when possible and has indeed taken a hand in organizing some of them. If you search through the archives of this mailing list, you will come across many exhortations to attent and reports of such meetings.

Our experience has been that very few homeschoolers actually turn up for these meetings. I think it is mostly because they allow very little scope for homeschoolers to state their views to the departmental officials - the meetings invariably tend to be mostly one-way communication, with officials "laying down the law", and very little opportunity for audience participation.

I can understand the reason for this as well. The officials who conduct and/or attent these meetings (such as Ms Carol Motswane in this instance) are invariably the "kneggies" whose only purpose in life is to carry out the policies and procedures prescribed by their bosses. They have no influence at all on the nature of the policies and procedures they are required to enforce on homeschoolers. Accordingly, they can do little else but say what
they do and threaten homeschoolers who do not comply.

They simply do not have the authority (or the knowledge or the insight, for that matter) to discuss the actual content of what they do or to help to change the regulatory environment for homeschoolers. (To do that, the Trust remains in contact with the decision-making levels in the departments.)

Another problem I have seen is that these meetings are invariably targeted at homeschooling mothers, and are always arranged on week-day mornings. This means that few fathers can easily attent them. On the one hand, this has the effect of keeping away many mothers as well. On the other hand, uninformed mothers who attent these events unaccompanied by their husbands can easily feel intimidated by the show of force and authority on the part of officials. (Most informed and assertive mothers seem to find attendance at such meetings a waste of time. This is sad, because it is precisely those
mothers who can help others to understand the issues beter.)

In the present instance, the organiser (Ms Sophie Breytenbach) is a very senior classroom educator with decades of experience in schools. She was active in Pretoria East homeschooling circles some years ago, offering workshops for homeschooling mothers. I have never personally met her, except for an inconsequential telephone conversation and I once saw her and her husband at one of these departmental meetings in Pretoria. However, it was conveyed to me at the time that she would pressure homeschooling mothers to register with the department.

Over the past few months she has become active again. I became aware of this because I have had several telephone calls from mothers who complained to me that Ms Breytenbach was pressuring them to register with the department. Some even used the word "intimidation" to describe the lady's methods of operation.

The Pestalozzi Trust, of course, does not prescribe to its members whether to register with the department or not. We provide them with valid and reliable information about the consequences of both registration and non-registration, so that they can make informed decisions. Our job is to support their decisions, whichever way they fall.

I therefore have no problem with people - including homeschoolers - who promote registration OR non-registration with the department. I do, however, have a problem with people who pretend to know what they are talking about, but who have not troubled to inform themselves properly.

I am not saying that this is the case with Ms Breytenbach, but I do find many of the comments in the letter you received rather strange, if not disingenuous. On the face of it, she seems to be a very good schoolteacher of the old school, with a good understanding of pedagogy (like myself, she approves of the principles of OBE and is, like myself, on record as stating that real OBE has never been implemented in South Africa :-) She also seems to be active in the organised teaching profession and teacher unions.

However, she seems to have got stuck in the pre-1994 era when the main purpose of everyone in education (if not in society as a whole) was to please and flatter their seniors, and when the public was actually deemed to be the servants of public servants. From her letter, it seems as if she has not yet internalized the notion of the rule of law - the idea that all government officials must perform their jobs within the ambit of the law and not according to their own whims and preferences, irrespective of how "professional" such whims and preferences might be.

I commented on some of her assertions on the Facebook page "Homeschooling in South Africa" http://www.facebook.com/groups/100788473311514. It is operated by Rebekka Liebenberg. For convenience, I copy those comments below. If I have time, I shall add some more comments, but I am confident that many of the members of this mailing list are capable and willing to contribute some critical comments themselves.

COMMENT 1 - 7th July. Leendert Van Oostrum Ek wil tuisskolers graag aanmoedig om 'n vergadering soos voorgestel deur Me Breytenbach by te woon. Ek is net bietjie verbaas, want ek onthou dat Me Breytenbach en haar man so vyf of ses jaar gelede ook so 'n vergadering in Sunnyside, Pretoria bygewoon het, en dat al hierdie sake reeds daar aangespreek is. Mens sou verwag dat sy nog steeds die inligting het?

Ek self sal egter graag so 'n vergadering wil bywoon, want ek het sekere vrae oor die uiteensetting wat hier gegee is, byvoorbeeld:

Me Breytenbach se Par 1. hierbo verklaar: "1. Wanneer 'n leerling as tuisskoler by die GDO gerigistreer is, verwag hulle 'n rapport aan die einde van elke jaar wat die vordering van die leerling aandui. D.w.s. watter graad die kind voltooi het. Dit word saam met ander inligting op 'n lêer gehou."

My vrae hieroor sluit in:

a) Die prosedure wat hier beskryf word vereis noodwendig dat elke tuisleerder in 'n "graad" moet wees. Gegradeerde onderwys is egter 'n meganisme wat die bestuur van skoolonderwys vergemaklik - dit het hoegenaamd geen voordele vir 'n kind nie, en baie nadele.

In tuisonderwys kan 'n kind, soos dit hoort, elke vak of disspline bestudeer op die vlak wat pas by sy potensiaal, ontwikkeling en belangstelling.

Iemand wat sukkel met Wiskunde, byvoorbeeld, kan Wiskunde doen op die vlak waar hy dit kan verstaan en hoef nie werk te probeer doen waarvoor hy nie die nodige onderbou het nie. Omgekeer, iemand wat goed is in Wiskunde kan jare vooruit daaraan werk.

My vraag is dus: Waarom moet 'n tuisleerder in 'n "graad" wees? Ek weet van geen wet, reël of regulasie wat dit vereis nie.

b) "Grade" word noodwendig altyd op 'n bepaalde kurrikulum gegrond - verskillende kurrikula sluit verskillende sake in vir elke bepaalde graadvlak. Beteken dit dat alle tuisleerders volgens een bepaalde kurrikulum onderrig moet word? Indien daar 'n wet, reël of regulasie is wat dit vereis, sou dit in elkgeval ondgrondwetlik wees.

c) Selfs as ons aanvaar dat kinders in grade moet wees ('n aanname wat opvoedkundig onverantwoordelik is) ontstaan nog steeds verdere vrae - waarom moet kinders juis die graad "aan die einde van die jaar" voltooi soos die beskrywing noodwendig impliseer? Moet 'n kind elke jaar 'n "graad" voltooi, of mag hy langer (of korter) neem?

d) Enige rapport, om geldig te wees, moet ondersteun word deur bewyse vir die inligting wat in die rapport gegee word. Dit impliseer uivoerige rekordhouding, beoordeling deur bevoegde beoordelaars en so voorts. Die vraag is dus: Word tuisskolers hier opgesaal met 'n massiewe administratiewe las wat hul tyd, energie en hulpbronne opslurp wat meer effektief vir die onderrigtaak aangewend sou kon word? ('n probleem wat geidentifseer is as een van die oorsake van die verval van die openbare skoolstelsel - die onderwysers moet soveel administreer, hulle kom nie uit by onderrig nie). Indien nie, watter nut en sin het die indiening van "rapporte" dan hoegenaamd, behalwe om burokratiese gewetens te salf?

e) Uit die bogenoemde spruit dan verder: Op grond waarvan "verwag" die Onderwysdepartement sulke rapporte van tuisskoolgesinne? Ek weet van geen afdwingbare wet, regulasie of reël wat amptenare magtig om sulke "verwagtings" op tuisskolers af te dwing, en dit as voorwaarde vir registrasie te stel nie. Dit vraag is dus of die onderwysamptenare enigsins die wetlike mag het om sulke "verwagtinge" te stel, of is hulle besig om buite hul wettlike magte op te tree (m.a.w. is hulle besig om die wet te
breek?)

Dit is maar enkele vrae wat spruit slegs uit Par 1 van Me Breytenbach se brief. Elke ander paragraaf lei tot soortgelyke vrae. Ek dink dit is baie belangrik dat tuisskolers van sulke vergaderings gebruik maak om antwoorde op hierdie en soortgelyke vrae te kry.

COMMENT 2 - 11th July. Professionele optrede van onderwysamptenare

Op 6 Julie verskyn 'n verslag van Me Spophie Breytenbach (sien hieronder) van 'n besoek wat sy ontvang het van Me Carol Motswane van die Gautengse Onderwysdepartement. Me Breytenbach meld dat die haar ervaring was dat Me Motswane die besoek baie professioneel hanteer het.

Ek kan my nie uitspreek oor hoe die besoek verloop het nie, en aanvaar graag Me Breytenbach se oordeel daaroor. Ek is wel bekommerd oor Me Breytenbach se beskrywing daarvan as "professioneel".

Die probleem lê in die feit dat die besoek enigsins plaasgevind het. Dit is wel so dat die Gatunegse Onderwysdepartement daarop aandring om die huise van tuisskolers te besoek voordat hulle aansoek om registrasie vir tuisonderwys sal oorweeg.

Die probleem is dat sulke besoeke onwettig is. Daar bestaan geen wet, reël of regulasie wat onderwysamptenare die mag gee om sulke besoeke te bring, of om dit as voorwaarde te stel veir registrasie nie. Me Motswane het dus buite haar wettige magte ("ultra vires") opgetree deur die besoek te doen.

Dit is nie moontlik om die optrede van enige professionele persoon, amptenaar of te nie, as "professioneel" te beskou indien die optrede ongemagtig is nie. Verder behoort enige professionele persoon wat professioneel optree, sulke onprofessionele optrede deur kollegas te veroordeel en dit by die toepaslike professionele raad aan te meld.

Die probleem is eintlik nog groter as dit - mens sou kon oordeel dat die feit dat daar geen wetlike magtiging vir sulke besoeke is nie, bloot 'n oorsig is van die wetgewers. Dit is nie die geval nie. In vele ander lande is daar wel sulke wette aangeneem, maar in elke geval waarvan ek weet is sulke wette deur die howe ter syde gestel.

Die rede hiervoor is dat sulke besoek inbreuk maak op die privaatheid van die KINDERS, hul huis en gesin, op 'n wyse wat nie geregverdig kan word nie.

Sulke ingryping in die regte van kinders sou moontlik geregverdigd, en dus wettig kon wees, byvoorbeeld, indien dit noodsaaklik was om sekere inligting te kry wat die amptenare benodig om hul wettige werk te doen en om die besluite te neem wat hulle wetlik gemagtig is om te neem.

In dosyne hofsake oor sulke besoeke in verskeie lande het die owerhede egter nog nooit daarin geslaag om te toon dat die inligting wat hulle benodig nie verkry kan word sonder om deur huisbesoeke in te dring in die privaatheid van die kinders nie."






Myne
Aanmeld
Betaalmiddels

VISA en MASTER kaart
Klik hier vir meer inligting

PAYPAL
Betaal met PAYPAL. Klik hier vir meer inligting

(Volledige besonderhede in die Gids punt 2 op die voordeur)



Sertifikate

Gebruikers aanlyn:  463 ongeregistreerde kliente
Kopiereg © 1997-2024 Kenweb Oplossings